Gekaapte studente  tuis
Gekaapte studente tuis

Gekaapte studente tuis

Ronelle Rademeyer
Die twee mediese studente wat in die vroeë oggendure van Dins­dag 'n traumatiese erva­ring op 'n snelweg by Pretoria beleef het, is veilig tuis. Danilo von Ludwiger en Trusty Kavezuva, albei toppresterende mediese studente in hul eerste jaar, was op pad Namibië toe vir die Desembervakansie toe hulle deur twee mans wat hulle as polisiemanne voorgedoen het, van hul motor en al hul besittings beroof is. Die motor waarin die kapers gery het, het 'n blou lig op die dak gehad; daarom het Von Ludwi­ger stilgehou. FlyWestair het aangebied om die studente gratis terug huis toe te vlieg. Hier is hulle gister kort ná hul aankoms by die Eros-lughawe saam met die vlieëniers mnre. Christo Kannemeyer (links) en Nico Avis. Foto Verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer