Geld kan rolbal in Kiwiland laat kook

TWEE nasionale rolbalspanne moet binnekort na Nieu-Seeland vertrek vir deelname aan die wereldkampioenskap vir mans en vroue in Christchurch. Die toemooi duur van 9 tot 27 Januarie, maar die span van vyf vroue, vyf mans en twee spanbestuurders moet reeds op 6 Januarie vertrek om betyds by die afskop te wees. Sowat N$IOO 000 word nog benodig om die spanlede se drome te verwesenlik om teen die wereld se beste mee te ding. Een maatskappy het onlangs die voortou geneem.

Prowealth se skenking van N$5 000 is dalk nie 'n klomp geld nie, maar dit is 'n goeie hupstoot en aansporing vir ander instansies om rolbal se geldpotjie vol te maak. Beamptes van die Namibiese Rolbalvereniging hoop en bid dit is die begin van hul Kersgeskenke na Christchurch. "Sonder borgskap sal ons dit nie maak om die houte op die vinnige bane van Nieu-Seeland te rol nie.

Ons het werklikwaar goed voorberei met wedstryde teen Suid-Afrika en mededinging in die Afrika Statekampioenskap wat vroeer vanjaar in Windhoek plaasgevind het.

"Daarby het Tollie Cronje en Miele van der Merwe ook hul potensiaal by die enkelspel-wereldkampioenskap in Warella, Australie blootgestel. Tollie het uitstekend gevaar en was die tweedebeste speler uit Afrika ns. Swaziland. Suid-Afrika, een van die pasaangeers in rolbal op die vasteland, was derde.

Vir Namibiese rolbal is dit nog 'n mylpaal en 'n aansporing virjonger spelers om intemasionaal deel te neem. Die vrouespan is redelikjonk en oorgehaal om te bewys dat hulle nie meer in die skaduwee van die mans hoef te beweeg nie. "Ons vra maatskappye en enige be1angstellendes om insette te lewer sodat ons mans en vroue teen die bestes sake kan uitspook."
Ulla von Wielligh van Prowealth het tydens die borgskapoorhandiging aan een van die land se voorste manspelers, Douw Calitz, en die president van die NRV, Dave Hutchins gese: "Dit is 'n voorreg vir Prowealth om te kan bydra tot die nasionale spanne.

Rolbal is een van die sportsoorte wat gereeld met medaljes terugkeer. Ek onthou nog toe Douw in 2003 as die enkelspelwereldkampioen bekroon is na sy bri1jante vertoning in Australie. Onlangs was dit Cronje uitgeblink het op intemasionale vlak. Ek glo ander maatskappye sal ons voorbeeld volg en geld in die mans en vroue steek."

Douw het op sy beurt verduidelik: "Dit is moeilik om deesdae borge te oortuig dat jy geld kort om in die buiteland deel te neem. Nog moeiliker is dit om op eie houtjie geld in te samel as jy 'n vliegkaartjie moet koop of self moet betaal vir verblyf. Daar word geskimp dat rolbal een van die kleiner sportkodes is, maar glo my, ons groei elke seisoen in getalle, want veel meer jongmense toon belangstelling en ons vaar uitstekend op kompeterende vlak." Tollie het aan Republikein gese: "Daar in Australie by die wereldkampioenskap speeljy teen manne wat rolbal as 'n beroepsport be- oefen.

Hu1le werk nie, oefen voltyds en verdien dollars. Dit is 'n hoe standaard wat gehandhaaf word. As in ag geneem word dat Namibiese spelers almal werknemers is en ons maar 250 is wat sake uitspook, dan is dit 'n prestasie en belewenis om teen lande te speel, veral Australie waar die Warella rolbalen ontspanningsklub met meer as 17 000 lede spog."

Die toergroep na Nieu-Seeland: Mans: Graham Snyman, Douw Calitz, Otto Krahenbuhl, Tollie Cronje, Sandy Joubert en Shane Westerdale (spanbestuurder). Vroue: Bea Lamprecht, Theuna Grobler, Sheena du Toit, Lesley Vermeulen, Marietjie du Preez en Carin Swart (spanbestuurder).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!