Geld kan toer na Hongkong beter maak
Die twaalf spelers is aangewys wat vir Namibië 'n plek in die Wêreldreeks moet gaan oopspeel.
Andrew Poolman - Met minder as 'n week oor voordat die Namibiese span na die Hongkong sewesrugbytoernooi vertrek, is 'n geldelike tekort vir die spanbestuur steeds 'n bekommernis.
Namibië is een van twaalf spanne wat in die kwalifiserende toernooi meeding om 'n enkele plek vir een land wat bevorder word om by die grotes in die HSBC Wêreldreeks vir 2017-'18 aan te sluit.
Uganda en Namibië, die twee spanne wat verlede jaar in die eindstryd van die Afrikabeker-sewestoernooi in Nairobi betrokke was, is dié vasteland se twee verteenwoordigers.
Die Hongkong-toernooi, in sy 42ste jaar, is altyd een van die gewildste byeenkomste op die Wêreldreeks en die organiseerders verwag opnuut 120 00 besoekers. Tesame met die vrouetoernooi sal 40 internasionale spanne in aksie wees.
Terwyl die spanne se reis- en verblyfkoste asook etes reeds deur die toernooi se borge betaal word, bly 'n paar ander uitgawes oor wat elke unie se eie verantwoordelikheid is.
Nasionale beheerliggame ontvang nie geld van Wêreldrugby om op sewesrugby te bestee nie. Die Namibië Rugby-unie is dus nie in 'n posisie om die sewesspan hiermee by te staan nie.
Die Namibiese spanbestuurder, Robbie Dickson, sê hy en die afrigter, Jurie Booysen, het die afgelope maande reeds talle vergaderings met potensiële borge gehad, maar hulle kon nog niemand teëkom wat hulle betyds van hulp kan wees nie.
“As ons N$100 000 kan kry, sal dit in al ons behoeftes voorsien. Dit sal die aankoop van die span se klerasie insluitend oefendrag help moontlik maak. Ons wil ook die spelers wat op toer gaan, vir hul dienste betaal. Die koste van die fisioterapeut is ook by dié bedrag ingesluit,” sê Dickson.
Indien die volle N$100 000 van 'n enkele maatskappy verkry word, sê die spanbestuurder, sal dié as titelborg van die span erken word.
Dickson het gesê die span het waardering vir die borgskappe waarmee Lewcor en Oshivelo Farming na vore getree het vir hul onlangse deelname aan die Vic Falls sewestoernooi in Zimbabwe, ter opwarming vir die grote in Hongkong.
Gewoonlik kry al die wedstryde in sulke toernooie regstreekse televisiedekking op netwerke dwarsoor die wêreld.
Vir navrae kan Dickson by sel. 081 873 2011 of e-pos [email protected] bereik word.
EERSTE TEEN GASHEERLAND
Op die eerste speeldag (Vrydag 7 April) sal die Namibiërs in hul openingswedstryd teen die gasheerspan Hongkong en daarna teen Chili te staan kom.
Die volgende oggend is hul laaste groepwedstryd teen Sri Lanka, voordat die vier kwarteindstryde daardie aand gespeel word. Sondag 9 April is die groot skouspel van uitspeelwedstryde, halfeindstryde en finale.
Die loting vir die kwalifiserende toernooi in Hongkong:
Groep E: Duitsland, Jamaika, Tonga, Uganda.
Groep F: Chili, Hongkong, Namibië, Sri Lanka.
Groep G: Guyana, Papoea-Nieu-Guinee, Spanje, Uruguay.
Die hooftoernooi se loting:
Groep A: Australië, Engeland, Samoa, Suid-Korea.
Groep B: Argentinië, Rusland, Skotland, VSA.
Groep C: Fidji, Japan, Nieu-Seeland, Wallis.
Groep D: Frankryk, Kanada, Kenia, Suid-Afrika.
UITSOEKGROEP
Afrigter Jurie Booysen het ná die Vic Falls-toernooi twee naweke gelede sy finale twaalftal aangewys wat die taak in Hongkong moet gaan verrig.
Vyf spelers het ná die toernooi in Zimbabwe nie die paal gehaal nie, naamlik Jaunne-Louis Grobler, Unomasa Kavita, Naudé Neethling, Justin Nel en Ngumee Nguaiko.
Terselfdertyd is Léan Stoop, heelagter van FNB Wanderers wat ook tevore vir Namibiese sewestoere gekies was, weer nader geroep om met sy vaart en vlugvoetige lopies 'n wapen in die Namibiese arsenaal te wees.
Spanbestuurder Robbie Dickson sê die uitsoekgroep is sedert laas Donderdag in 'n oefenkamp op Swakopmund. Die kamp sal tot die naweek voortduur, voordat die toergroep komende Sondag vertrek.
“Hierdie jeugdige groep is die manne wat die kern vir Namibiese sewesrugby in die toekoms moet wees. Terwyl ons nie toegang tot die meeste spelers in die nasionale vyftienman-programme gehad het nie, is dit ook nie bevorderlik vir ons sewes om elke keer spelers by die vyftienman-rugby te gaan leen nie. Ons is dus tevrede met die vlak van talent en samespel waarmee ons die afgelope maande kon werk.
“Ons sal 'n amptelike kaptein waarskynlik eers in Hongkong aanwys. Gewoonlik tree die senior spelers as leiers op die toer op, terwyl Nandivatu Karuuombe op die veld die leiding neem,” sê Dickson.
Die 12-tal spelersgroep vir die Hongkong Sewes: Handré Bezuidenhout, Martin Cronjé, Janry du Toit, Ricardo Swartz, Jean (JR) Jacobs, Lloyd Jacobs, Nandivatu Karuuombe, Helarius (TC) Kisting, Cliven Loubser, Georg Niehaus, Léan Stoop, Shareave Titus.
• Meer oor die spelers op bl. 35.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie