Geld lu00f3u00f3p vir viskwotas
Geld lu00f3u00f3p vir viskwotas

Geld lóóp vir viskwotas

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy



Die regering het gister bykans N$627,94 miljoen met die veiling van viskwotas ingewin.

Dié bedrag, wat aansoekfooie insluit, is amper dubbel as wat die regering sou kry indien die viskwotas teen reserwepryse verkoop is.

“Dit is nou sonder twyfel bewys dat die regering die regte besluit geneem het om die mark te toets om die werklike waarde van sy visbronne te bepaal,” het die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, in 'n verklaring gesê.

Die geld gaan aansienlik help om vir die regering se prioriteitsprojekte te betaal, het Shiimi gesê. Dié projekte sluit in verbeterde sanitasie, koshuisgeriewe en “ander uitgawes” wat deur Covid-19 vererger is, aldus die minister.

Die suksesvolle bieërs moet op die laaste Maandag teen 15:00 die verskuldige geld in die staatsinkomsterekening by die Bank of Namibia (BoN) inbetaal.

Die opbrengs van die veiling sal in die halfjaar-begrotingshersiening ingesluit word, het Shiimi gesê.



Vissoorte

Sestig present van die totale 11 000 ton stokvis beskikbaar is op 'n ope veiling teen 'n reserweprys van N$7 700 per ton aan Namibies geregistreerde maatskappye en internasionale maatskappye aangebied. Die oorblywende 40% was eksklusief vir Namibies geregistreerde maatskappye.

Die stokvisveiling het in totaal sowat N$164,6 miljoen opgelewer. Dieselfde voorwaardes het vir die 72 000 ton marsbanker op veiling gegeld, buiten dat die reserweprys N$3 500 per ton was.

In totaal is bykans N$457,8 miljoen uit die marsbankerveiling gemaak. Namibies geregistreerde en internasionale maatskappye kon vir 392 ton monnikvis bie. Die reserweprys was N$7 700 per ton. Sowat N$5,45 miljoen is met dié veiling geïn.

 - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!