Geld raak op vir Maddie-soektog
Geld raak op vir Maddie-soektog

Geld raak op vir Maddie-soektog

Die soektog na Madeleine McCann, die vermiste Britse meisie wie se verdwyning in 2007 mense oor die wêreld heen aangegryp het, kan dalk teen die einde van September gestaak word weens ’n tekort aan geld, berig die Daily Mail.

Volgens die koerant is die ondersoek, wat as Operasie Grange bekend staan, een van die duurste nog in Brittanje. Meer as £11 miljoen is reeds daaraan bestee.

Die Britse polisie het in 2011 met dié operasie begin om die ondersoek na Madeleine se verdwyning te hersien.

Sy het in 2007 uit haar ouers, Kate en Gerry McCann, se vakansiewoonstel in Praia da Luz in Portugal verdwyn.

Daar word bespiegel dat die Britse departement van binnelandse sake nie ’n aansoek vir meer geld sal goedkeur nie, omdat speurders geen beduidende nuwe leidrade kon vind nie.

In 2015 is die span van 29 speurders wat daaraan gewerk het, tot vier verminder.

Nine.com berig daar is nie ’n nuwe aansoek vir finansiering ontvang nie, maar hy verneem Scotland Yard sal in die komende twee weke aansoek doen vir nog geld en die departement sal dit aanvaar.

In die laaste twee jaar van die ondersoek het die departement £300 000 per jaar bewillig om die ondersoek voort te sit.

As Madeleine nog leef, sal sy vanjaar 15 jaar oud wees. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!