Geldkrisis in Zim bring tekort aan kos, klere, petrol
Hanlie Stadler - 'n Tekort aan buitelandse valuta is besig om Zimbabwiese kleinhandelaars te kniehalter.
Edgars Stores, 'n Zimbabwiese genoteerde maatskappy wat Edgars en Jet in dié land bedryf, sê hy gaan sukkel om in die Desember-kwartaal 'n groot verskeidenheid van klere op sy rakke te hê.
Nagenoeg 50% van Edgars Stores se klere word deur sy vervaardiger, Carousel, in Bulawayo gemaak.
Die meeste van die materiaal daarvoor en afwerkings word egter ingevoer.
Thembinkosi Sibanda, die maatskappy se voorsitter, sê luidens 'n verklaring hulle kyk na “alle opsies” om genoeg materiaal vir die fabriek in te voer óf om klaargemaakte klere as plaasvervanger in te voer, alles terwyl hulle koste probeer beperk en die maatskappy se wins probeer beskerm.
Die verklaring het die kleinhandelaar se tussentydse resultate vir die halfjaar tot 9 Julie vergesel.
Intussen berig Bloomberg Zimbabwe het US$600 miljoen se krediet van die African Export-Import Bank verseker om die kritieke tekort aan buitelandse valuta op te los. Dit beïnvloed alle invoer, van kos tot brandstof. Die African Export-Import Bank is 'n Egiptiese instansie.
Volgens Patrick Chinamasa, minister van finansies, ervaar die land elke jaar van Oktober tot Februarie 'n “buitelandsevaluta-droogte” ná die einde van die tabakverkoopseisoen.
Zimbabwe sukkel ook op die oomblik om sy staatsamptenare te betaal.
Edgars Stores bestaan al sedert 1946 in Zimbabwe en is in 1974 genoteer.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie