Geliefde blommevrou sterf
Henriette Lamprecht - Die eienaar van Blumen Margot in Windhoek en Namibiese hartpasiënt, me. Verena Schulte, is Dinsdagoggend in Windhoek aan kanker dood.
“Sy was vir my ‘n ma en ‘n ouma vir my kinders. Blomme was haar hele lewe. Sy het ander mense graag gelukkig gemaak,” het me. Frances Orange gesê, wat aan Schulte se sy was toe sy Blumen Margot meer as twee dekades gelede in die hoofstad oorgeneem het.
In ‘n onderhoud met Republikein in 2017 het Schulte vertel hoe sy juis die geel en die groen onthou het toe sy vir die eerste keer met haar nuwe hart uit die hospitaal stap.
Dit sou die basiese kleure van haar lewe en ook dié van haar blommewinkel word.
Schulte het in November 1989 ‘n nuwe hart ontvang. Dr. John Hewardson het die operasie gelei.
Schulte het in 1967 in die blommebedryf beland en daar word belowe Blumen Margot sal nou, ná haar dood, soos altyd voortgaan.
Schulte word deur haar man Willfried, twee seuns Heinrich en Siegfried, twee skoondogters en twee kleindogters oorleef.
’n Roudiens vind Saterdag om 10:00 vanuit Pionierspark se NG kerk plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie