Geliefde oudonderwyser word 99
Geliefde oudonderwyser word 99

Geliefde oudonderwyser word 99

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - ’n Geliefde oudonderwyser van Windhoek Hoërskool (WHS), me. Maria (Pottie) Neethling, het op 7 Julie 99 jaar oud geword.

Neethling het van 1962 af tot haar aftrede in 1985 onder meer Afrikaans en wetenskap by WHS gegee met duisende leerlinge wat deur haar bekwamde onderwyshande is.

“Die Here is oneindig goed vir my. Ek is gesond en voel baie goed,” het sy in haar woonstel in die Schanzen-oord gesê, terwyl sy besig was om ’n poeding vir die inwoners te maak.

Neethling is op 7 Julie 1920 op Humansdorp gebore en het op Patensie in die Gamtoosvallei van Suid-Afrika grootgeword.

Sy het op Humansdorp skoolgegaan en op Graaff-Reinet onderwys studeer.

Haar eerste onderwyspos was op Hofmeyr waar sy ook haar man, mnr. Severus Neethling, ontmoet het. Hulle is in 1948 getroud en onderwys was hul albei se roeping. Nadat haar man in 1992 oorlede is, het sy steeds in hul huis in Bachstraat in Windhoek-Wes aangebly tot sy in 2013 na die Schanzen-oord getrek het.

“Ek bly baie lekker hier in Schanzen-oord.”

Neethling bestuur nog self haar motor, “maar ek ry nie meer dorp toe nie, net om die draai Checkers toe”.

Met boekrakke wat onder die boeke in haar woonstel kreun, beklemtoon sy sy is versot op lees en vul graag blokkiesraaisels in.

In haar jonger dae het sy ook gaag naaldwerk gedoen en wys na die langbroek wat sy self gemaak het. Neethling het ook oorsee gereis en vertel hoe sy Helsinki in die lente geniet het.



’n Voormalige departementshoof van WHS, mnr. Danie Knoetze, sê tannie Pottie is “’n mens uit een stuk, iemand wie se karakter onbesproke is”.

Hy ken haar al van sy laerskooldae af.

“Tannie Pottie is die toonbeeld van ’n ware onderwysmens, iemand wat ná 99 jaar op aarde ’n baie spesiale skepsel uit die hand van God is,” het Knoetze gesê.

“Tannie Pottie, ons salueer iemand baie spesiaal en glo God sal u nog baie lank in Sy Vaderhand vashou,” is sy wense aan haar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!