Geliefde Rehobother sterf toe huis brand

Ronelle Rademeyer
Boet Matthews - ’n Bekende en geliefde inwoner van Rehoboth van wie daar Dinsdag nog ’n groot ophef gemaak is toe sy N$1 000 kontant in ’n kompetisie by die plaaslike Spar gewen het, is dood toe haar huis in die vroeë ure gisteroggend aan die brand geraak het.

Me. Sarie (Sara Sebina) Beukes, wat in haar sewentigs was, het in haar slaapkamer gesterf toe haar huis in die nag afgebrand het.

Sy was die eienaar van die winkel, Boerediens, in Blok A. Dit is reeg langs haar huis geleë. Sy het alleen gewoon.

Mnr. Gino Rittmann, ’n aangetroude familielid wat haar gereeld bygestaan en vervoer het, sê die dak het baie gelek en dit kan wees dat die water ’n kortsluiting veroorsaak het. Die kombuis het eerste gebrand, waarna die vlamme na die res van die huis versprei het.

Rittmann sê hy het kort voor tweeuur gisteroggend daar aangekom. “Toe brand die kombuis en die sitkamer al en die vlamme is besig om verder te versprei.”

Volgens hom het hulle die brandweer herhaalde kere gebel, maar moes tot drieuur wag voordat hulp opgedaag het.

Die hoof van die brandweer, mnr. Abrahams, het gesê hy het bewyse dat die polisie hom 02:50 gebel het. Hy moes die brandweermanne tuis oplaai, want dit dorp beskik nie oor ’n brandweerstasie nie.

Volgens Abrahams was hulle in ’n rekordtyd daar, “want drieuur toe staan ons daar voor die huis”. Hy sê die oorsaak van die brand is nog onbekend.

Die kamer waarin Beukes doodgebrand het, is totaal in puin gelê. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!