geliefde worsie oorleef namib
Henriette Lamprecht
Byna vyf dae nadat 'n miniatuur-worshond in die duine tussen Swakopmund en Langstrand verlore geraak het, is sy gisteroggend, danksy 'n spanpoging van die kusgemeenskap, gevind.
Jazi en haar lot het, afgesien van Namibiërs, ook mense van Duitsland en Italië tot Suid-Afrika geraak wat op sosiale media raad, hulp en gebede aangebied het om haar veilige terugkeer te verseker.
'n Verligte me. Susan Fick, Jazi se eienaar, kon haar dankbaarheid nie genoeg teenoor elkeen betuig wat na haar “baba” help soek het nie.
“Dit is ons Namibiese gemeenskap! Dankie vir elkeen wat help soek, bid, ondersteun en raadgee het, dit is ongelooflik,” het Fick gesê.
Van hommeltuie tot motorfietse is ingespan om na die worshondjie te soek. Gidse van Desert Explorers Quad Bike Adventures het Jazi se spore in die duine opgetel en gehelp om haar weer terug te bring.
Volgens Fick het die veearts Jazi perdfris verklaar.
“Sy eet en slaap goed.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie