Geliefdes verpletter oor ‘Sonskyn Ella’
Ronelle Rademeyer - Met die tergende raaisel oor die gebeure Donderdagaand by die treinspoor langs Dr W Kulzstraat in Windhoek nog onopgelos, toon huldeblyke die 29-jarige me. Elna-Marie (Ella) Abbott was “’n pragtige mens” met ’n seer stryd teen depressie.
Teen gister was die amptelike terugvoering van die polisie dat moord, in weerwil van die bewysstukke wat in haar motor gevind is, steeds ondersoek word.
Republikein was op die toneel toe Abbott se Volkswagen Golf, N27434WB, Vrydagmiddag in die parkeergarage onder die Merensky Tower-woonstelblok gevind is.
Dit is ongeveer 1,2 km van waar die masjinis van die trein uit die Suide, mnr. Kaveri Hengari, om 07:10 Vrydag haar onthoofde lyk langs die treinspoor opgemerk en die polisie ontbied het. Sy was sedert Woensdagaand vermis.
Verskeie handgeskrewe briewe in Afrikaans is in haar motor gevind saam met sakke waarin haar persoonlike besittings soos klere, skoene, grimering en medikasie gepak was. Dit is aan familielede gerig.
Haar handsak en beursie was ook in die voertuig.
Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, hoof van openbare skakeling by die polisie, het bevestig die groetbriewe maak deel uit van die bewysstukke wat ondersoek word, maar bygevoeg moord word nie uitgesluit nie.
’n Kort nota in Engels wat Abbott Donderdagmiddag saam met haar motorsleutels by die ontvangstoonbank in die voorportaal van dié gebou gelos het, is ook aan die polisie oorhandig. Dit lees: “Please call tomorrow for the car. . .” en verskaf die selfoonnommer en naam van haar vriendin me. Windy Engelbrecht.
Mnr. Clemence Kambonde (39), ’n sekuriteitswag by Merensky Tower, het Saterdag aan Republikein vertel Abbott het Donderdagmiddag met haar motor by die parkeergarage ingery. Sy het lank in haar motor gesit en later vir hom en sy kollega, mnr. Willem Kandjebo (20), nader gewink.
“Sy het vir ons geld gegee en gevra ons moet vir haar ’n Coke en ‘recharge’ (’n lugtydkoepon) gaan koop. Sy het gesê ons moet vir ons ’n 2 liter-Coke koop.”
Hoewel Kambonde onseker is oor hoe laat sy daar aangekom het, meen Kandjebo dat was ná tweeuur. Hulle sê dit was omstreeks sesuur toe sy uitgeklim en die sleutel by die ontvangstoonbank gelos het.
Kambonde sê sy het by die parkeergarage uitgestap en hulle het haar nie weer gesien nie. Volgens hom was sy vriendelik en het “normaal” voorgekom.
Toe die nuus oor die gruvonds by die treinspoor Vrydag bekend word, het een van die inwoners gemerk die Volkswagen Golf in die parkeergarage se registrasienommer stem ooreen met dié van die voertuig wat deur die polisie gesoek word.
Volgens haar beste vriendin uit haar skooldae aan die Moria Privaatskool op Outjo, me. Kim Groenewald (nèe Hofmeister), was sy “’n laggende sonskynmens”.
“Alles het oor die mense rondom haar gegaan en nie oor haarself nie. Ons was in graad 11 en 12 kamermaats in die koshuis en het ure gepraat, geheime gedeel, saam gelag en geskerts, en nonsens aangevang soos kinders doen.”
Sy vertel Abbott wou haar lewe lank ‘n sjef word en het ná skool in Lambertsbaai opleiding daarin gekry.
“Sy het later teruggekeer na Namibië en onder meer by Erindi (private wildreservaat) gewerk,” het sy gister vertel.
“Sy het in ’n stadium vir my vertel sy ly aan depressie, maar, tipies sy, gesê sy gaan dit ‘handle’.”
Haar voormalige werkgewer, mnr. Chris Shivolo, besturende vennoot van die Marigold Hotel, het by navraag gesê sy was “’n baie goedhartige mens”.
Sy was tot einde Februarie die spysenieringsbestuurder by dié hotel wat in Oktober verlede jaar sy deure geopen het.
Volgens hom het sy in die hotel gewoon en selde uitgegaan. “Ons is nie kenners nie en kan nie sê of daar fout was in haar lewe nie. Sy het vir mense geglimlag en dit het nie gelyk of daar iets verkeerd is nie.”
Dié hotel is sowat 300 m van die treinspoor waar die tragedie hom afgespeel het.
Abbott se suster me. Elzane Abbott sê sy was “die mees ‘amazing’ mens”. “Hardegat ook, maar dierbaar hardegat.”
Sy laat benewens Elzane, ook haar broer, Charles Abbott, haar jonger suster, Imoné Megenis, en haar ouers, mnr. Johnny Abbott van Walvisbaai en me. Liesel Pretorius, na. Pretorius, wat in Suid-Afrika woon, het gister in Namibië aangekom.
Aangesien die polisieondersoek voortduur, is geen begrafnisreëlings nog getref nie.
SOVER BEKEND
Abbott was geklee in ‘n swart baadjie, denim lang en Nike-oefenskoene toe haar lyk gevind is. Haar kop het ‘n ent daarvandaan tussen die twee spoorstawe gelê.
Daar is nie bloed op die toneel gevind nie.
In haar sak was N$110, ‘n selfoon, oorfone en ‘n sakkie met tablette gemerk “Herbeno”.
Volgens ‘n ingeligte bron is sy Donderaand omstreeks 19:30 laas lewend in die omgewing van Dr W Kulzstraat gesien.
Beeldmateriaal van CCTV-kameras aan die agterkant van die Namibië Burgerlugvaartagentskap (NCAA) se hoofkantoor, maak deel uit van die polisie-ondersoek.
Die kameras het ‘n blik op die gebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie