Gelol met byna 900 000 name op Zim-kiesersrol
Team Pachedu se navorsing het drie strategieë geïdentifiseer wat gebruik is om met die kiesersrol te peuter.
Daar is minder as twee weke oor voor die verkiesing in Zimbabwe.
'n Ontleding deur Team Pachedu wys dat daar met soveel as 900 000 rekords gepeuter is om die uitslag van die verkiesing te beïnvloed.
Dit sluit in gedupliseerde kiesers met verskillende geboortedatums, die toesegging en skepping van identiteitsnommers vir kiesers en die klein veranderings aan identiteitsnommers, wat oënskynlik nie per ongeluk gedoen is nie.
Die verkiesingskommissie van Zimbabwe (ZEC) het die kiesersrol saamgestel met die hulp van sy veelgeroemde biometriese identifikasiestelsel om te sorg dat slegs een kieser aan 'n rekord toegewys kan word.
Maar die bevindinge staan in skrille kontras met die stellings deur die ZEC dat die gevorderde stelsel die duplisering van kiesers sal verhoed en “spookkiesers” en gedupliseerde identiteitsnommers sal verminder.
Ten spyte van die versekering het die ontleding ook reeds 81 gedupliseerde identiteitsnommers uitgelig.
TEAM PACHEDU
'n Span professors, datawetenskaplikes en politieke ontleders wat as Team Pachedu bekend staan, het 'n verslag gebaseer op elektroniese inligting aan die publiek en opposisieparty uitgereik.
Voorbeelde van onreëlmatighede op die kiesersrol is byvoorbeeld Sihle Mpofu (134) en Phidas Ndlovu (141), wat onderskeidelik in 1884 en 1887 gebore is. Albei is egter vir die 2008-verkiesing geregistreer en gebruik 1 Januarie 1970 as geboortedatum.
Ter vergelyking is die oudste lewende mens ter wêreld Chijo Mijako (117) van Japan.
Die navorsers het ook gevalle gevind waar identiteitsnommers herwin word. Aangesien Zimbabwe 61 streke het wat identiteitsnommers in volgorde toesê, beteken dit dat slegs 61 mense dieselfde “nasionale (of middelnommer) sal hê. Dit maak dit hoogs onwaarskynlik dat daar mense sal wees met dieselfde “middelnommer” en van.
Tog het hulle 122 788 sulke rekords gevind, 'n onwaarskynlike hoë aantal “toevallighede”.
“Ons het sterk bewyse gevind dat daar meer as 100 000 kiesers wat alreeds dood was, van die 2013 na die 2018-kieserslys oorgedra is en dat hul ID-nommers en in sommige gevalle ook ander besonderhede doelbewus verander is. Nuwe getuienis dui egter daarop dat hierdie syfer nader aan 900 000 kan wees.”
DRIE STRATEGIEë
Team Pachedu se navorsing het drie strategieë geïdentifiseer wat gebruik is om met die kiesersrol te peuter.
Die eerste hiervan is om nuwe identiteite met bestaande identiteite te skep. Die verslag het bevind dat ten minste 128 000 rekords só gedupliseer is.
'n Kieser se besonderhede word gedupliseer met 'n nuwe geboortejaar.
'n Voorbeeld hiervan is, me. Sophia Chidawanyika wat in 2013 met die geboortedatum 24 Julie 1919 geregistreer is en in die 2018-verkiesing met die geboortedatum 24 Julie 1999 geregistreer is.
Die tweede metode is om die agtervoeging van die ID-nommer te verander.
Die laaste twee nommers van die ID-nommer word van 'n persoon se ouers geërf, dus is dit hoogs onwaarskynlik dat dit sal verander, tog het meer as 32 000 kiesers dit reggekry.
Die derde manier is ook die eenvoudigste. 'n Persoon wat reeds op die kiesersrol was, kry 'n splinternuwe ID-nommer. 'n Patroon wat na vore gekom het dui daarop dat die ID-nommer van iemand wat dood is aan 'n persoon op die 2013-rol toegesê is om met die nuwe ID-nommer in die 2018-verkiesing te stem.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie