Gelykheid voor die reg
Grofgeskut uit vakbondkringe was te wagte ná die regering se grendelverbod op afdankings ongrondwetlik verklaar het.
Die regering moet die koste van die hofgeding betaal – nóg geld uit ‘n poegaai staatskas. As die regering appèl aanteken en verloor, sal die prys styg.
Opmerkings dat die beslissing ‘n klap in die gesig van Namibiese werkers is en eise dat sekere raadgewers en ministers afgedank moet word, is politiekery wat gesien moet word vir wat dit is. Die uitspraak is opnuut ‘n veertjie in die hoed van ‘n regbank wat oor drie dekades keer op keer sy onafhanklikheid bewys het.
Volgens die hof het die staatshoof en regering sy magte oorskrei deur met ‘n sosialistiese dekreet op die gebied van die ekonomie en arbeid in te meng. Die uitvoerbaarheid van die dekreet was van die begin ‘n twisappel.
‘n Regering kan ondanks ‘n noodtoestand nie bankrotskap op ondernemings afdwing nie. Een party kan nie groter verantwoordelikheid neem vir ‘n onvoorspelbare gesondheidskrisis as ‘n ander nie. Ons is almal saam in die bootjie gedwing.
Reaksies stal duidelik die stereotiepes uit wat ons in belang van almal moet aftakel: winsbeduiwelde sakelui wat geen snars vir werkers voel nie, onversetlike vakbonde wat nie ekonomiese realiteite wil insien nie en ‘n regering wat sy vakbonde voortrek.
Die hof het gelykheid voor die reg bekragtig. En die uitspraak wys hoekom die model van inspraak en gesprek, van gee en neem – waarop ons republiek gebou is – altyd die beste pad is.
So sê ander
24 Junie 2020
Tito se tweede toets vir 2020
Wanneer Tito Mboweni, minister van finansies, sy tweede begrotingsrede vir vanjaar lewer, gaan dit gemeet word aan een woord: geloofwaardigheid.
Hoe geloofwaardig is die ekonomiese groei wat die tesourie voorspel? Hoe geloofwaardig is die stygende skuldlas wat verwag word? Hoe geloofwaardig is die besnoeiings wat dalk aangekondig gaan word? En hoe geloofwaardig is die staat se verwagting van belastinginkomste?
Alles sal gemeet word aan droewige syfers uit die werklike ekonomie, waar die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande staat van inperking amper alle huishoudings en ondernemings armer gemaak het en die las op die staat vir maatskaplike steun die hoogte laat inskiet het.
Binne ’n regerende party waarin ideologieë soos nasionalisering, onteiening en herverdeling die botoon voer, lyk dit nie asof Mboweni die nodige slaankrag het nie. Die poging om die bankrot SAL te laat voortleef laat vrae ontstaan of Mboweni selfs nou, in ’n nasionale ramptoestand, werklik die mag het om heilige koeie te slag.
Benewens die geloofwaardigheid van die syfers, sal die spesiale aanpassingsbegroting gemeet word aan die ou en nuwe ideologieë wat daaragter staan.
Moeilike besluite moet geneem word soos nog nooit tevore nie, maar Mboweni se politieke kapitaal is skraps.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie