Gemarginaliseerde gemeenskappe wu00f3rd ontwikkel
Gemarginaliseerde gemeenskappe wu00f3rd ontwikkel

Gemarginaliseerde gemeenskappe wórd ontwikkel

Ronelle Rademeyer
Jessica Botes - Ontwikkelingsprojekte en programme wat vir die bevordering van gemarginaliseerde gemeenskappe in Namibië begin is, is suksesvol.
Hierdie stelling is deur die adjunkminister belas met gemarginaliseerde gemeenskappe in die kantoor van die adjunkpresident, mnr. Royal Jonah Kxao /Ui/o/oo, in sy toespraak tydens die opening van die afdeling se werkswinkel op Swakopmund gemaak.
/Ui/o/oo het egter ook kommer uitgespreek oor die hoeveelheid geld wat deur die ministerie vir gemarginaliseerde gemeenskappe in die kantoor van die adjunkpresident aan onderwys bestee word.
“Sowat 60% van die ministerie se jaarlikse begroting word aan onderwys bestee. Die aantal leerders wat egter met ’n tersiêre kwalifikasie daar uitstap, word al minder en hier sou ek graag beter resultate wou sien,” het hy gesê.
Terugvoering is gegee deur lede van dié ministerie tydens die slypskool oor die ontwikkeling van die San-, Ovatue- en Ovatjimba- gemeenskappe.
Dié ministerie is geskep met die doel om te verseker dat gemarginaliseerde gemeenskappe ten volle in die samelewing en die ekonomie geïntegreer word. ­Sedert dit in 2003 begin is, is programme en projekte in verskeie streke geïmplementeer. Dié programme en projekte is op onder meer die hervestiging, onderrig en ondersteuning van die bestaan van die gemeenskappe gemik.
Volgens /Ui/o/oo is Namibië ook een van die eerste SADC-lande wat ’n program vir die ekonomiese, politiese en kulturele bevryding van gemarginaliseerde gemeenskappe begin het.
“Ek doen ’n beroep op alle werknemers in my afdeling en lede van die gemeenskap om harder as ooit tevore te werk om te verseker dat ons nie half voltooide projekte of projekte het wat nooit eindig nie. Ons is hier om van mekaar te leer en om ons idees met mekaar te deel,” het /Ui/o/oo gesê.
Met die slypskool word beoog om die ministerie se strategie vir die pad vorentoe te beplan.
“Ek moet van hierdie geleentheid gebruik maak om werknemers van hierdie afdeling te waarsku dat ek nie aan my kantoor gebind gaan wees nie. Ek gaan besoeke bring aan al die streke waar gemarginaliseerde gemeenskappe voorkom, om na die vordering te kyk.
“Almal wat in hierdie afdeling werk, is verplig om te verseker dat gemarginaliseerde gemeenskappe sukses met hul ontwikkeling behaal,” het /Ui/o/oo gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!