Gemeenskap groet oom Giel, tannie Sarie
'n Gedenkdiens is Vrydag vir Koës se Botma-egpaar gehou.
Die trane het in die kerkgebou
gevloei toe daar Vrydag op
Koës afskeid geneem is van
die geliefde Botma-egpaar, Giel (79)
en Sarie (80).
Die gemeenskap, getraumatiseerd,
kwaad en in rou oor die moorde die
nag van 2 Februarie op die Botmas
op hul plaas Lindeshof, het die NG
kerk volgepak.
Almal teenwoordig was bewoë
toe foto’s op die skerm ’n terugblik
gegee het oor die lewe van oom Giel
en tannie Sarie, met die klanke van
Riana Nel se “My hulp kom van Bo”
in die agtergrond.
Ds. Koos Engelbrecht, wat vir jare
die Koës-gemeenskap bedien het en
nou self ook boer, het die gedenkdiens
gelei. Hy en oom Giel was groot
vriende.
Ds. Pieter Conradie, die nuwe predikant
op Koës, het die diens geopen.
Hy het pas na Namibië teruggekeer ná
jare in die bediening in Suid Afrika
waar hy, soos hy dit stel, “waarskynlik
die predikant was wat van die meeste
begrafnisse van plaasmoordslagoffers
waargeneem het”.
Conradie het gesê hy sou nooit kon
dink dat hy in sy eerste week as predikant
op hierdie vreedsame dorpie met
’n plaasmoord te doen sou kry nie. In
sy gebed het hy gebid dat die gebeurtenis
nie die hegte gemeenskap sal
skeur nie, maar eerder sal saambind.
Die moord en verlies sny oor grense
heen, het hy gesê.
Dr. André Olivier, predikant en boer
in die Aranos-omgewing, het die verklaring
van die moderatuur van die
NG Kerk van Namibië voorgelees
waarin gesê word “alle misdade, veral
moord en geweldsmisdade is strydig
met ons geloofsoortuigings”.
Hy het ook ’n brief van dr. Tshapaka
Tsha-Khapolo, voorheen koördineerder
van geloof, geregtigheid en die
gemeenskap in die Raad van Kerke
in Namibië (CCN), aan die gemeente
voorgelees.
Tsha-Khapolo het vir oom Giel
leer ken tydens uitreikaksies in die
Kunene- en Omusatistreek waartydens
hulle kommunale boere opgelei
het in onder meer bokboerdery.
“Hy (oom Giel) was een van min Namibiërs
wat die belangrikheid van
hereniging en nasiebou reg verstaan
het,” sê hy in sy brief.
Oor misdaad en moord het hy sy
gevoel as volg uitgespreek: “Ons het
ontwikkeling nodig, nie moord op
onskuldige burgers nie. Ons verdien
vrede, nie seer wat veroorsaak word
deur onverantwoordelike burgers nie.
Ons het vrede en versoening nodig,
nie die haat wat aangevuur word deur
sulke moorde nie. Ons het goeie buurmanskap
nodig, nie vyande in ons omgewing
nie. Ons verdien Godsaligheid,
nie haat nie.”
Die drie mans wat die Botmas na bewering
vermoor en beroof het, mnre.
Julius Frederick “Lemmie” Arndt
(40), Andries Afrikaner (37) en Johannes
Christian (36), moet op 23
April weer in die landdroshof op Keetmanshoop
verskyn.
Hulle is binne ’n dag vasgetrek
danksy blitsige optrede deur die landbougemeenskap
en die polisie.
gevloei toe daar Vrydag op
Koës afskeid geneem is van
die geliefde Botma-egpaar, Giel (79)
en Sarie (80).
Die gemeenskap, getraumatiseerd,
kwaad en in rou oor die moorde die
nag van 2 Februarie op die Botmas
op hul plaas Lindeshof, het die NG
kerk volgepak.
Almal teenwoordig was bewoë
toe foto’s op die skerm ’n terugblik
gegee het oor die lewe van oom Giel
en tannie Sarie, met die klanke van
Riana Nel se “My hulp kom van Bo”
in die agtergrond.
Ds. Koos Engelbrecht, wat vir jare
die Koës-gemeenskap bedien het en
nou self ook boer, het die gedenkdiens
gelei. Hy en oom Giel was groot
vriende.
Ds. Pieter Conradie, die nuwe predikant
op Koës, het die diens geopen.
Hy het pas na Namibië teruggekeer ná
jare in die bediening in Suid Afrika
waar hy, soos hy dit stel, “waarskynlik
die predikant was wat van die meeste
begrafnisse van plaasmoordslagoffers
waargeneem het”.
Conradie het gesê hy sou nooit kon
dink dat hy in sy eerste week as predikant
op hierdie vreedsame dorpie met
’n plaasmoord te doen sou kry nie. In
sy gebed het hy gebid dat die gebeurtenis
nie die hegte gemeenskap sal
skeur nie, maar eerder sal saambind.
Die moord en verlies sny oor grense
heen, het hy gesê.
Dr. André Olivier, predikant en boer
in die Aranos-omgewing, het die verklaring
van die moderatuur van die
NG Kerk van Namibië voorgelees
waarin gesê word “alle misdade, veral
moord en geweldsmisdade is strydig
met ons geloofsoortuigings”.
Hy het ook ’n brief van dr. Tshapaka
Tsha-Khapolo, voorheen koördineerder
van geloof, geregtigheid en die
gemeenskap in die Raad van Kerke
in Namibië (CCN), aan die gemeente
voorgelees.
Tsha-Khapolo het vir oom Giel
leer ken tydens uitreikaksies in die
Kunene- en Omusatistreek waartydens
hulle kommunale boere opgelei
het in onder meer bokboerdery.
“Hy (oom Giel) was een van min Namibiërs
wat die belangrikheid van
hereniging en nasiebou reg verstaan
het,” sê hy in sy brief.
Oor misdaad en moord het hy sy
gevoel as volg uitgespreek: “Ons het
ontwikkeling nodig, nie moord op
onskuldige burgers nie. Ons verdien
vrede, nie seer wat veroorsaak word
deur onverantwoordelike burgers nie.
Ons het vrede en versoening nodig,
nie die haat wat aangevuur word deur
sulke moorde nie. Ons het goeie buurmanskap
nodig, nie vyande in ons omgewing
nie. Ons verdien Godsaligheid,
nie haat nie.”
Die drie mans wat die Botmas na bewering
vermoor en beroof het, mnre.
Julius Frederick “Lemmie” Arndt
(40), Andries Afrikaner (37) en Johannes
Christian (36), moet op 23
April weer in die landdroshof op Keetmanshoop
verskyn.
Hulle is binne ’n dag vasgetrek
danksy blitsige optrede deur die landbougemeenskap
en die polisie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie