Gemeenskap staan agter ontwikkeling
Gemeenskap staan agter ontwikkeling

Gemeenskap staan agter ontwikkeling

Augetto Graig
Augetto Graig - Ontwikkeling in Lüderitz is ’n gemeenskapspoging met die leiding van die !Nami#Nus-kiesaf­deling en streeksraadlid mnr. Jan Scholtz, wat die gees van Harambee vergestalt.
Hy het verlede week ’n skenking van rekenaartoerusting aan die Primêre Skool Nautilus aanvaar voordat hy Vrydag ’n simposium oor sakefinansies en finansiering geopen het.
By die skool het hy die plaaslike vismaatskappy Marco Fishing vir die skenking van twee rekenaars geloof.
“Die skenking vervul drie van die pilare van die Harambee-welvaartplan te wete deur infrastruktuur te ontwikkel met die verskaffing van kommunikasietegnologie aan die skool; dit ondersteun sosiale vooruitsigte deur die kinders groter toegang tot die wye wêreld van inligting te gee; en dit bevorder ekonomiese ontwikkeling deur Nautilus­ se leerlinge ’n beter kans te gee om in die toekoms tot die land se ekonomie by te dra. Ek vra onderwysers en die kinders om die rekenaars streng vir opvoeding te gebruik en dit goed op te pas,” het hy gesê.
In sy toespraak Vrydag het Scholtz die sakegemeenskap aangemoedig om sukses, prestasie en sakegroei in die dorp na te streef. “Gebrek aan kennis en toegang tot finansieringsopsies is van die groot hindernisse in die pad van groei en entrepreneurskap soos dit met baie van julle hier sit die geval blyk te wees. Ek hoor altyd die stelling dat, ‘ons nie die geld kan kry nie’.’” Om dié rede het sy kantoor saam met die sakekamer op Lüderitz die dag van inligting oor sakefinansies en finansieringsopsies vir die jeug en klein sakelui op die dorp gereël.
Groot maatskappye soos Debmarine en die Namdebstigting, die SME Bank, Namport, Lüderitz Waterfront, Namibia Development Corporation, Rotary Namibia, Namibia Phosphate Mining en die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, het deelgeneem en hul kennis by die geleentheid gedeel.
“Die doel van hierdie simposium is om ’n kanaal vir die verspreiding van inligting te verskaf en op sy beurt kommunikasie tussen die twee kante van die sakespektrum te wete finansierders en entrepreneurs, te vergemaklik. Belangrike inligting, metodes en toegang tot finansiering sal vir julle, die jeug en klein besighede van hierdie dorp en kiesafdeling, beskikbaar gestel word,” het Scholtz gesê.
“Ek glo hierdie is net die begin van meer indringende gesprekke wat ons plaaslike besighede sal help en met verloop van tyd groter en beter geleenthede vir meer wens­like ontwikkeling in ons kiesafdeling sal meebring. Hopelik sal ons in staat wees om die konsep na die kleiner dorpe en gebiede soos Aus te neem en sodoende alle Namibiërs­ bereik,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!