Gemeenskap trek ‘verkragter, rower’ vas
’n Man wat na bewering ’n vrou op ’n plaas verkrag het terwyl haar seun, wat ’n kwadrupleeg is, net hulpeloos in sy kamer kon lê, is ná ’n soektog van drie dae vasgetrek.
Elvira Hattingh – Danksy ‘n reuse-gemeenskapspoging is ‘n vermeende verkragter, inbreker en rower ná ‘n soektog van drie dae nou agter tralies.
Dit volg nadat soveel as 150 mense uit die Okahandja-omgewing ‘n soektog van stapel gestuur het nadat ‘n man Vrydagnag en in die vroeë oggendure op Saterdag ‘n bejaarde vrou op ‘n plaas in die Okahandja-omgewing oorrompel en verkrag het.
Dit terwyl haar seun, wat ‘n kwadrupleeg is, net hulpeloos in ‘n kamer in die huis in sy bed kon lê.
Volgens ‘n boodskap deur die seun het die verdagte, wie se naam nog nie bekendgemaak kan word totdat hy in die hof verskyn het nie, sy ma glo met ‘n mes aangehou en vasgebind.
“Ek kon net lê en bid,” het die seun gesê. Volgens hom het sy ma egter losgekom en ‘n vuurwapen in die hande gekry, waarna sy by hom in die kamer gaan sit het agter ‘n toe deur. Terselfdertyd het die verdagte voortgegaan om die huis te plunder.
Die seun sê hy kon ‘n boodskap na sy vrou en skoonma stuur, wat by sy skoonpa gekuier het. Hulle het op die beurt die mense op ‘n buurplaas gebel, wat hulle te hulp gesnel het. Die verdagte het toe glo te voet verder in ‘n noordwestelike rigting gevlug.
Die verdagte is eindelik gisteroggend (Dinsdag) sowat 45 tot 50 km ver van die plaas waar die misdaad gepleeg is, deur ‘n lid van die gemeenskap vasgetrek, het mnr. Martin Ritter, ‘n boer uit die omgewing, aan Republikein bevestig.
Ritter, wat ook in die omgewing boer, was een van die eerste persone op die toneel om die ma en haar seun te help. Hy sê ’n boer uit die omgewing, mnr. Pieter Liebenberg, en sy voorman mnr. Jacobus Vries het die verdagte omstreeks 07:00 vasgetrek.
Ritter sê die verdagte het aanvanklik in die rigting van Osire beweeg, maar dikwels van koers verander. Hy meen die verdagte moes in die drie dae sowat 100 km te voet afgelê het.
“Die man het eers met sy skoene aan gevlug, die tweede dag het hy sy skoene agter gelos en ons het hom eindelik kaalvoet gevang,” het hy gesê.
“Hy is eindelik vasgetrek toe hy langs die grootpad wou sit en iets eet. Toe hy die motor naby hom gewaar, wou hy opspring en weghardloop, maar is toe gevang.”
Ritter sê die soektog het die polisie van Hochfeld, Otjiwarongo en Osire ingesluit, asook talle spoorsnyers en boere van omliggende plase en verskeie private sekuriteitsmaatskappye uit Okahandja. Daar is gebruik gemaak van private girokopters, terwyl honde ook ingespan is om die verdagte se spoor te sny.
Ritter sê die seun, sy vrou en kinders woon op die plaas, maar tydens die voorval was sy vrou en kinders toevallig by haar ouers, terwyl sy ma by hom op die plaas gekuier het.
– [email protected]
FOTO
'n Vermeende verkragter, inbreker en rower is vasgetrek nadat hy, te voet, oor sowat 100 kilometer binne drie dae gevlug het. FOTO VERSKAF

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie