Gemeenskap wil dorpsraad pos
Die mense van Okahandja het hul voet neer gesit oor swak bestuur op dié dorp.
Tanja Bause – Sowat 100 inwoners van Okahandja het gister by die munisipaliteit op dié dorp met plakkate saamgedrom en geëis dat die dorpsraadslede bedank en hul kantore vrywilliglik ontruim.
Mnr. Helodesa Vatilifa, ’n verteenwoordiger van die gemeenskap, het die dorpsraad toegespreek en gesê die gemeenskap sal op 18 April terugkeer en verdere stappe doen indien die dorpsraad nie aan hul versoek gehoor gee nie.
“Ons het vandag die kantoor besoek om ons ontevredenheid met die dorpsraad uit te spreek. Die nuwe leierskap lei Okahandja al ’n geruime tyd. Ons het vir hulle gestem om in die posisie te wees waar hulle nou is. Maar julle het vergeet waar is die pad wat na die gemeenskap lei. Toe dit tyd was om vir julle te stem, het julle presies geweet waar ons woon,” het hy gesê.
Volgens Vatilifa kom lede van die gemeenskap op uitsettingsbevele teen hul huise af wanneer hulle saans tuiskom.
“Ons het geen probleem om te trek as ons onwettig hier woon nie, maar ons vra dat julle met ons praat. Ons is ook moeg daarvoor om in die plaaslike koerante te lees van korrupsiesake waarby lede van die dorpsraad betrokke is.
“Ons is nie vandag hier om julle te beledig nie, maar om vir julle die waarheid te vertel. Ons het vir julle gestem, maar dit beteken nie julle is die slimste mense op Okahandja nie. Daar is baie gemeenskapslede wat ’n beter taak kan verrig. So, bedank en ontruim die kantoor,” het hy gesê.
Hierdie ultimatum volg kort nadat die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, dr. Peya Mushelenga, twee weke gelede die ewe omstrede Rehoboth-dorpsraad afgedank het. Hy het in geen onduidelike terme nie gesê dit is tyd dat plaaslike owerhede hul sokkies optrek, anders kan hulle dieselfde optrede verwag.
Volgens me. Kathleen Uri-Khos, voorsitter van Okahandja se gemeenskapskomitee, verkoop die dorpsraad grond aan mense wat nie van Okahandja afkomstig is nie, pleks daarvan om dit eers vir die plaaslike gemeenskap aan te bied.
“Mense word uit hul woonplekke verwyder waar hulle al langer as 40 jaar woon, en die grond word aan ’n ontwikkelaar verkoop sodat hy sy woonstelblok kan uitbrei. Dit is maar een van die twyfelagtige grondverkope wat hier op die dorp aangaan.”
Nóg die lede van die dorpsraad, nóg die uitvoerende hoof, me. Martha Mutilifa, wou kommentaar lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie