'Gemengde welslae' in VSA laat rand kop optel
Vida Booysen
Die rand het Maandag sy beste vlak in 'n maand teenoor die dollar bereik nadat kommer oor gedempte groei in Amerika die markte getref het.
Die rand het teen Maandagmiddag met 1% of meer as 15c teenoor die Amerikaanse geldeenheid versterk. Dit was Maandag net voor 17:00 op R13,36 teenoor die dollar.
Ekonomiese syfers wat Vrydag deur Amerika uitgereik is, toon net 'n klein styging in salarisse en lone.
Die Amerikaanse werkloosheidskoers het ook effens van 3,8% tot 4% gestyg.
“Die gemengde welslae wat in die data weerspieël word, het die dollar laat veld verloor teenoor sy eweknieë,” sê André Botha, senior valutahandelaar van TreasuryOne.
Die dollar het tot net onder US$1,18 teenoor die euro verswak, terwyl ander ontluikende markte se 1geldeenhede ook, soos die rand, verstewig het.
Volgens Bloomberg dui die verstewiging in die ontluikende geldeenhede daarop dat kommer oor handelsoorloë begin verminder en dat die sentrale banke in ontwikkelende lande beleggers se vertroue terugwen.
“Die rand se verbetering tot onder die vlak van R13,50 het tegnies gesproke die moontlikheid geskep vir 'n aanslag op die weerstandsvlak van R13,20, maar plaaslike hoofopskrifte sal waarskynlik teen die rand tel,” sê ontleders by Nedbank.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie