Gemengde welslae
Republikein wens vandag nie net die land se toppresteerders geluk met hul eksamenuitslae nie, maar elke leerling wat sy/haar kant gebring het om na die beste van hul vermoëns te presteer.
Die toename in graderings 1, 2 en 3 op graad 12 hoër vlak (NSSCH) is goeie nuus.
Met meer leerlinge was daar egter ook 'n toename in ongegradeerde vakinskrywings.
Die afname in die aantal goeie en middelmatige simbole in die graad 10-eksamens is hierteenoor kommerwekkend. F- en G-simbole en ongegradeerde vakinskrywings het toegeneem.
Jaarlikse eksamenuitslae is 'n belangrike barometer van die land se algemene ontwikkeling.
'n Mens wil saam met minister Katrina Hanse-Himarwa se kritiek teen onderwysers en ouers stem wat nie hul kant bring nie.
Inspekteurs en ander onderwysbeamptes en –bestuurders wat slaplê, moet by die lysie gevoeg word.
Soos die minister gesê het, is dit nie sy wat voor in die klas staan nie en kinders gaan ook nie uit haar huis skool nie. Tog is die ministerie van onderwys, kuns en kultuur verantwoordelik vir die algehele kwaliteit van die omgewing waarin opvoeding geskied. Daardie omgewing is bepalend.
Met die laaste voltydse graad 10-eksamen agter die rug, betree die dikwels reeds beleerde onderwyssektor in 2019 'n jaar met nuwe uitdagings. In Januarie begin graad 10'e met 'n nuwe tweejaarkursus vir die senior sertifikaat op gewone vlak (NSSCO).
Die nuwe bedeling se sukses sal aan 2020 en 2021 se eksamenuitslae gemeet word.
So sê ander
19 Desember 2018
Recycling: a system in need of deep cleaning
The prioritising of plastic packaging in the government's new waste strategy for England is sensible. Forcing producers to take responsibility for the rubbish they create is the right approach.
The current system for dealing with packaging, which charges producers for just 10% of the cost of disposal or recycling, has failed.
The lack of progress can't all be blamed on politicians. Other factors include changing lifestyles, and patterns of consumption in which pre-prepared and takeaway meals play a large part.
Waste management presents opportunities as well as costs. The £8m fund for plastics research is an example of how government can stimulate novel industry.
What is needed now is a plan for dramatic reductions.
• THE GUARDIAN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie