Gemilitariseerde denke en ou name
Gemilitariseerde denke en ou name

Gemilitariseerde denke en ou name

Mandy Rittmann
CEES STRIJBIS SKRYF:

Swapo, julle leef in die verlede.

Julle is een van 'n paar organisasies wat nog die naam “South West Africa” gebruik.

Swapo was deur die internasionlae gemeenskap gekies om onafhanklikheid vir Suidwes-Afrika te bring. Vanaf die moment in 1990 het ons Namibië geword en het ons nie lief geword vir die naam nie.

Ons is trotse Namibiërs. Ons koop trots Namibiese produkte, maar nie Swapo nie.

Julle moes die naam in 1990 begrawe het, saam met julle AK47's.

'n Paar van julle probeer steeds om ons bang te maak met die AK's, soos Utomi Nujoma wat gesê het Swapo is gereed om enigeen met sy AK te verbrysel, Martin Shalli wat “verraaiers” van die party met moord gedreig het, Kakola Asheela wat gedreig het om almal te skiet wat Swapo uitdaag, 'n polisieman in Ongenga wat in die lug begin skiet het en so kan ons nog voorbeelde noem.

Swapo, julle moes geluister het na my versoek net voor julle aan bewind gekom het om nie 'n weermag te begin nie, maar 'n ontwikkelingsmag.

Ons was so populêr in 1990 dat die hele wêreld ons sou gehelp het met ontwikkeling. Na 30 jaar sou ons geen werkloosheid gehad het nie, geen krotte, geen oop toilette, geen honger mense... Geen... Geen...

Na 30 jaar het julle miljarde der miljarde dollars gemors; belastingbetalers se geld weggespoel in die rioolpype. En wat sien ons na 30 jaar? Onder Swapo se bewind bevind die land hom in 'n vreeslike gemors. Daar is 'n klomp “fat cats”, maar armoede en ongelykheid is landvol, soos nooit tevore nie.

Ons sien 'n skandalige ouderdomspensioen van N$1 300 per maand, 'n skandalige ongeskiktheidstoelaag, 'n skandalige minimumloon.

Maar Swapo bly Swapo om in die verlede te leef? Ons wil nie Independence Avenue se naam weer verander na Kaizerstraat, of Mugabe Avenue weer na Leutwein vernoem nie. Al het Mugabe van die pragtige Zimbabwe die grootste gemors in Suider-Afrika gemaak, wil ons nie teruggaan in die verlede nie.

Word wakker Swapo, en verander julle naam. Ons wil nie langer die naam South West Africa sien nie.

Jong mense is gebore in Namibië nie in South West Africa nie. Hulle sal nie vir South West Africa stem nie, wel vir Namibië.

As julle aan die bewind wil bly in 2024, verander julle naam. En tussen hakies: dis nog steeds nie te laat om die weermag te ontbind en met 'n ontwikkelingsmag te begin nie.

Mikhail Gorbachev, wat spog met 'n Nobelprys vir vrede en president was van die Sowjetunie het onlangs gesê hy kan nie ophou om te herhaal dat ons wêreldsake moet demilitariseer nie – ook internasionale politiek en politieke denke.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!