Gemsbokslagters geïdentifiseer
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het die mans geïdentifiseer wat 'n jong gemsbok in die Suide wreed met klippe bestook en keelaf gesny het.
"Ons het goeie vordering in die ondersoek in die saak gemaak. Die plaas en die mense is geïdentifiseer wat vir hierdie barbaarse daad verantoordelik is," het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, gister in 'n nuusverklaring gesê.
"Ons is in 'n finale stadium van ons ondervraging vir onmiddellike aksie."
Die name van vier van die mans van die gewraakte gru-video van die gemsboksteniging is bekend aan Republikein. Hul name mag nie bekend gemaak word voor die verdagtes nie in 'n hof verskyn het nie.
Die klipgooier is glo 'n beampte van die ministerie van werke en vervoer; die man wat die video gemaak het, is glo 'n bekende in die konstruksiebedryf en 'n ander een werk glo by 'n bank.
Op Facebook pryk die mans op foto's saam met die gemsbokkarkas en 'n vuurwapen met 'n knaldemper tydens 'n jagtog op 'n plaas naby die Visrivier in die Hardapdistrik.
Reaksie van skok, afgryse en walging is op sosiale media uitgespreek oor die wrede manier hoe die gemsbok met groot klippe bestook, aan sy horings gegryp en met 'n stomp mes keelaf gesny is.
"Dit is jammer dat hierdie dier op so 'n wrede en onwettige manier van kant gemaak is deur onvanpaste en onwettige middele te gebruik. Die ministerie veroordeel in die sterkste terme hierdie barbaarse en wrede daad," sê die woordvoerder.
"Die ministerie waarsku burgers om hul van sulke wreedheid teenoor wilde diere te weerhou. Enigiemand wat 'n jagpermit misbruik of nie voldoen aan die vereistes van 'n permit nie, sal nie weer in die toekoms 'n permit verkry nie.
"Sulke aksies het erge gevolge op Namibië se goeie beeld van natuurbewaring, asook op ons groeiende toerismebedryf."
Voorts bedank die ministerie die publiek dat hulle met inligting vorendag gekom het wat gelei het daartoe dat die plek en "oortreders" geïdentifiseer kon word.
"Die ministerie het sedertdien 'n ondersoek van stapel gestuur om te bevestig waar en wanneer die video geneem is. Die ministerie verseker dat deur hierdie ondersoek die oortreders gevind en volgens ons wette aangekla sal word."
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
"Ons moedig enigiemand wat in die toekoms inligting oor soortgelyke voorvalle het, om dadelik die direkteur van wildlewe en parke by 061 284 2518/28 of 081 1223 443 te kontak, of die naaste kantoor van die ministerie of polisiekantoor," lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie