Gemsbokslagters kry klein boete
Die drie mans wat daarvan beskuldig is dat hulle ’n gemsbok op ontstellende en wrede wyse doodgemaak het, is skuldig bevind aan jag op ’n ontoelaatbare manier.
Francoise Steynberg - Die saak oor die wrede gemsbokslagting wat op 'n plaas in die Suide plaasgevind het, is uiteindelik ná meer as twee maande afghandel met die drie beskuldigdes wat lig daarvan afgekom het.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het die drie beskuldigdes, mnre. Johannes Husselmann (49), Eben Pelle Kasume (43) en Gerhard Leon Angermund (49), elk 'n boete van N$3 600 betaal.
Volgens die klagstaat is hulle eers op 11 September op Mariental in hegtenis geneem, meer as 'n maand nadat die gru-video begin Augustus op sosiale media versprei is.
"Rakende 'n voorval van 'n video wat op sosiale media veroordeel is waar mense 'n gemsbok op 'n ontstellende en wrede manier doodmaak, het die ministerie 'n ondersoek van stapel gestuur wat gelei het tot die inhegtenisneming van drie verdagtes," het Muyunda gesê.
Hy het bevestig die verdagtes is op twee klagte aangekla, naamlik die onwettige jag van jagbare wild en jag op 'n ontoelaatbare manier.
"Die drie is skuldig bevind op die klag van jag op 'n ontoelaatbare manier. Hulle het 'n boete van N$3 600 elk betaal. Hulle is vrygespreek op die ander klag van die onwettige jag van jagbare wild omdat 'n jagpermit vir die betrokke plaas uitgereik is," het Muyunda verlede week gesê.
Hy het gesê die saak is finaal afgehandel.
Die video het meer as twee maande gelede opslae op sosiale media gemaak oor die wrede manier waarop die jong gemsbok met groot klippe bestook, aan sy horings gegryp en met 'n stomp mes keelaf gesny is.
“Bring die ander lang mes in die kar!” word op die video geskree.
In die agtergrond word gevloek en dawerend gelag terwyl die gemsbok angswekkend en hulpeloos blêr. Op die video kan vier mans wat Afrikaans praat en 'n wit bakkie gesien word.
Volgens die klagstaat is Husselmann en Angermund Afrikaanssprekend en op Rehoboth gebore en Kasume is Otjiherero-sprekend en op Epukiro gebore.
Die video is van sosiale media verwyder, asook die foto's op Facebook waarin die mans saam met die gemsbokkarkas en 'n vuurwapen met 'n knaldemper pryk tydens 'n jagtog op 'n plaas naby die Visrivier in die Hardapdistrik.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het toe sy afsku oor die voorval uitgespreek en dit 'n barbaarse daad genoem: "Sulke voorvalle het erge gevolge vir Namibië se goeie beeld wat natuurbewaring en ons groeiende toerismebedryf betref."
Die ministerie het Namibiërs gewaarsku om hulle van sulke wreedheid teenoor wilde diere te weerhou: "Enigiemand wat 'n jagpermit misbruik of nie voldoen aan die vereistes van 'n permit nie, sal nie weer in die toekoms 'n permit verkry nie."
Volgens die ministerie het hierdie geval daartoe gelei dat sterk maatreëls teen dieremishandeling in die nuwe wildlewewet ingeskryf moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie