Genade! Nuwe iPhone se prys is skokkend

Petrus Malherbe – Ons het geweet dit gaan duur wees, maar nie só duur nie.

iStore, die Suid-Afrikaanse Apple-winkel, het iPhone-liefhebbers se grootste vrees bevestig – die jongste model gaan die spaarvarkies leeg maak.

Apple het vroeër vandeesmaand bekendgemaak dat drie nuwe iPhone-modelle vanjaar uitgereik word.

Die iPhone XS en die XS Max word op 28 September in Suid-Afrika uitgereik.

Reeds voor die bekendstelling daarvan is gegis dat die XS Max die duurste iPhone gaan wees.

Dié vlagskipfoon gaan jou enigiets tussen R24 000 en ’n ongelooflike R32 000 uit die sak jaag, afhangende van hoeveel stoorspasie jy benodig (Sien grafika onder).

iStore verdeel die XS en XS Max elk in drie kategorieë: ’n model met 64 gigagrepe stoorpasie, ’n model met 256 gigagrepe stoorspasie en ’n model met 512 gigagrepe stoorspasie.

Hoe meer stoorspasie jy benodig, hoe duurder is die foon.

Die “goedkoopste” model, die iPhone XS met 64 gigagrepe stoorspasie, sal jou steeds R22 000 kos.

Teen R32 000 is ’n iPhone XS Max met 512 gigagrepe stoorspasie ook amptelik die duurste slimfoon in Suid-Afrika.

Die iStore bied ook ’n spesiale betalingsplan vir diegene met ’n FNB-kredietkaart.

Daarvolgens sal die iPhone XS enigiets tussen R689 en R945 per maand kos, terwyl die XS Max se prys tussen R755 en R999 per maand beloop.

Die XS Max is verreweg ook Apple se grootste iPhone met ’n skerm van 16,5 cm, beduidend groter as die reeds massiewe iPhone 8 Plus (14 cm) en die Galaxy Note 9 (16,2 cm).

Die XS en XS Max spog ook albei met Apple se “beste verwerker nog” in die vorm van die bioniese A12-skyfie wat 5000 miljard berekeninge per sekonde kan uitvoer.

Net soos die Apple Watch Series 4, waarvan die prys ook Donderdag bekend gemaak is, sal dit waarskynlik goedkoper wees om ’n nuwe iPhone direk uit Amerika te bestel en in dollar te betaal.

Die iPhone XS met 64 gigagrepe stoorspasie kos net meer as R14 000 ($999) daar terwyl die XS Max met dieselfde hoeveelheid stoorspasie net minder as R16 000 ($1 099) kos.

Dalk is dit tyd om uiteindelik jou vakansie in New York te beplan? – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!