Generaal gevra om moorde te ondersoek
Libië
Human Rights Watch het 'n magtige bevelvoerder in die ooste van Libië gister gevra om beweringe te ondersoek dat sy magte oorlogmisdade soos die moord van gevangenes en lykskending gepleeg het.
Familielede, aktiviste en plaaslike joernaliste het hierdie dade deur die troepe onder die bevel van veldmaarskalk Khalifa Hifter in die oostelike stad Benghazi aangemeld, het die menseregtegroep in 'n verklaring gesê.
“Die Libiese nasionale weermag se leierskap moet met dringendheid op hierdie ontstellende bewerings reageer deur die beweerde klagte teen verdagtes te ondersoek, insluitende senior militêre bevelvoerders, wat individuele aanspreeklikheid het,” sê Joe Stork, die adjunkdirekteur belas met die Midde-Ooste en Noord-Afrika van Human Rights Watch.
Hifter se weermag steun die laaste verkose Libiese parlement, wat in 2015 uit Tripoli verjaag is toe Islamitiese milisies van die stad Misrata die hoofstad ingeneem het. Die parlement is nou in die oostelike stad Tobruk gevestig en die tussentydse regering in die nabygeleë stad Beida. Hulle staan die Verenigde Nasies-gesteunde regering in Tripoli teen. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie