Genoeg is genoeg
Ek is moeg. Soos elke vrou wat ek ken. Die afgelope maand lyk dit asof ’n vlaag geweld spesifiek op ons vroue en kinders gerig is.
Hierdie week het ons gevind, wat vermoedelik die oorskot van Shannon Wasserfall is, ’n week voor dit is ’n jong meisie by 'n Covid-19-isolasiefasiliteit verkrag, twee babas binne ’n week word weggegooi en so gaan dit aan.
Dag na dag word dinge erger en dit is duidelik dit is nie veilig vir vrouens en kinders nie.
Ek is moeg. Ek is kwaad.
En dit omdat ek moet aanhou vra; waarom moet ek in konstante vrees lewe? Ek moet ’n dogter in hierdie verskriklike en wrede wêreld grootmaak – hoe doen ek dit?
Ek voel dit is tyd dat ons mekaar se bewakers word. Die Bybel sê ons moet mekaar liefhê soos ons onsself lief het. Met die aanslag van die Covid-19-pandemie het ons versigtig teenoor mekaar geraak. Jy hoor hoe jou medewerker hoes en jy is gereed om hulle in ontsmettingsmiddel te bad.
Terwyl ons vroue en meisies verkrag, mishandel en vermoor word, moet ons na mekaar omsien.
’n Rukkie terug op Facebook het ek van ’n voorval gelees waar ’n man sy meisie, wat te veel gedrink het, huis toe geneem het. Hy het haar na sy motor gedra toe ’n dame hom nader roep en vra waarheen hy die meisie neem. Hy het gesê dit sy vriendin, maar sy het op bewyse aangedring. Hy het haar foto’s gewys van hulle twee saam op Facebook en Instagram, en eers toe laat sy hom toe om sy meisie in die voertuig te laai. Hy het sy dank aan die dame uitgespreek en gesê dit is die manier waarop ons vir mekaar moet uitkyk.
Dit het my laat dink dat ons soms doekies omdraai of weier om te erken wat rondom ons gebeur, en dit moet stop.
Kom ons is verantwoordelik vir onsself en ander. Ek weet dit is miskien ’n swaar las om te dra, maar ons moet vreesloos wees en tot optrede oorgaan wanneer niemand anders wil nie.
Ons woon in ’n demokratiese land, met leiers wat deur ons verkies word, en ons moet hulle verantwoordelik hou. Te alle tye.
Laat ons opstaan vir ons vroue en ons vroue beskerm. Ek is eerlikwaar moeg vir veldtogte en “bewusmaking” oor wat rondom ons gebeur, wanneer elkeen van ons duidelik die verskil tussen reg en verkeerd ken.
Waarom moet ek bewus wees wat ek dra, net omdat jy nie jouself in toom kan hou nie? Waarom moet ek in vrees lewe?
Dit is nie regverdig nie. Ek is klaar met net praat – “stop” en sê “nee”. Die tyd is nou om tot optrede oor te gaan en die verandering te wees wat ons wil sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie