Genoeg is genoeg (Deel I)
JA Rossouw van
Okahandja skryf:
Ek verwys na die artikel “Kollig val op dienslewering in Namibië” in Republikein van Dinsdag 04 November 2014. Die klem val ongelukkig op dienslewering in die private sektor en níé op die byna algehele gebrek aan dienslewering in die staatsdiens nie. Dienslewering by ministeries, dorpsbesture, munisipaliteite en SOE’s word in baie gevalle eers ’n werklikheid as iets onder die tafel ontvang word. Die geldige uitspraak, “Geen onderneming kan oorleef sonder voortreflike dienslewering aan die land in geheel en die onderskeie gemeenskappe in wie se diens hulle staan nie,” is ook van toe passing op ale vertakkinge van die samelewing, of dit ‘n private onderneming, SOE, ministerie, dorpsbestuur of munisipaliteit is.
Swak dienslewering is nie net hulle ondergang nie, maar ongelukkig ook die ondergang van ons land en kos dit die belastingbetaler, wat daarvoor moet opdok, jaarliks miljoene. As ’n mens op hoogte is met die nuus, is jy daarvan bewus dat dienslewering in die meeste gevalle nie meer by dorpsbesture, munisipaliteite en ministeries hulle trots is nie, en dat almal net geld vir hulleself bymekaar skraap ten koste van diegene wat die dienste benodig, en wat daarvoor moet opdok!
Trek Republikein daagliks nader, kyk onder Praat Saam, lees die artikels, kyk na die foto’s en oortuig jouself van hierdie waarheid. Op bladsy 7 van die Republikein van 27 November was genoem dat die Windhoekse munisipaliteit onder meer begroot het vir N$2,5 miljoen vir selfoontoelaes, N$5,9 miljoen vir toelaes vir raadslede, N$26,4 miljoen vir oortyd en N$59,4 miljoen vir vervoertoelaes! Die fat cats ken om hulleself te “vergroot”.
Die meeste van ons het lankal boedel oorgegee en leef saam met hierdie immer groeiende euwel. Ons vergelyk ons met ander dorpe, ministeries en lande waar dit nog slegter gaan, en glo dat dit met ons goed gaan! Die waarheid is egter dat solank ons ons vergelyk waar dit nog slegter gaan, is ons tevrede dat dit met ons sleg gaan, en dat dit in die toekoms sal gaan, is ons bereid en voorbereid daarvoor? Die meeste van ons sal uitwys dat die amptenare van die ministeries van onderwys en gesondheid, regrukplanne soos by die ministerie van binnelandse sake, dringend nodig het.
Ook SOE’s, soos Air Namibia, Telecom Namibia, NamPost en TransNamib wat jaarliks hande bak hou vir miljarde van die belastingbetalers, moet vyf-en-twintig jaar na onafhanklikwording gespee word en leer om self te loop! Dis egter die ministerie van streek- en plaaslike owerheid, behuising en landelike ontwikkeling, soos verteenwoordig deur die amptenare van munisipaliteite en dorpsrade, wat loshande die bestevoorbeelde van fat cats is, wat die regerende party in ‘n uiters swak lig stel. Wat kan die amptenare van dorpsbesture en munisipaliteite wys vir die 60% tot 200% salarisverhoging van vroeër vanjaar?
Die onvermoë van munisipale amptenare om die instandhouding van noodsaaklike dienste te begroot en die instandhouding te doen realiseer eenvoudig nie. ’n SMS in Republikein van 16 Oktober lui: “Die lewe is darem baie interessant. Ons praat van werkloosheid, maar die een wat dit ten minste nog het, speel daarmee. Elke dag láát werk toe en elke middag vroeg af en weer laat terug. Dan Saterdag en Sondag werk toe vir oortyd. Geen toesighoudende beampte doen daar iets aan nie. Ai tog, Okahandja-munisipaliteit.”
Die 28 werknemers van Koës se dorpsraad kos die belastingbetalers jaarliks N$1, 592 miljoen in die vorm van staatsubsidies. Die 2 500 inwoners van Koës moet jaarliks nog ’n verdere N$1, 008 miljoen opdok vir die salarisse van die 28 amptenare. elkeen van die ongeveer 500 huishoudings moet dus maandeliks N$168 vir die salarisse van hierdie amptenare opdok! Eers daarna kan daar aan die betaling vir dienste wat deur die dorpsraad behoort te lewer, gedink word!
Ek het die tariefverhogings van die munisipaliteit van Okahandja vanaf 2001 tot 2014 onder die loep geneem: Water is met 370,65%, of gemiddeld met 30,89% per jaar verhoog, krag is met 419,08% of gemiddeld 34,92% per jaar verhoog. Vullisverwydering is met 302,50%, of gemiddeld met 25,21% per jaar verhoog, riool is met 345,71%, of gemiddeld met 28,81% per jaar verhoog en erfbelasting is met 365,41%, of gemiddeld met 30,45% per jaar verhoog. Die totale verhoging vanaf 2001 tot 2014 was 382,39%, of ’n gemiddelde jaarlikse verhoging van 31,45%. Ten spyte van Al hierdie groot verhogings het dienslewering in die slag gebly!
Ek het ’n verdere projeksie gemaak en bereken dat my maandelikse munisipale rekening teen 2024 N$9 000 per maand sal wees indien die verhogings dieselfde patroon sou volg! Dit kos N$28,00 om ’n enkele sak kombuisafval weekliks uit te sit, sodat die “asdromdraers” wat soos verneem word, N$7 000 per maand plus oortyd verdien, dit kan kom oplaai! Daar is ook geen afslag vir pensioenarisse nie, trouens hulle word afgeslag!
Reeds op 17.12.2012 was daar ’n kort beriggie in die Republikein (in Praat Saam) wat hierdie bekommernis met my gedeel het. Okahandja is ’n dorp waar baie pensioenarisse woon, hoeveel van ons het die geld om hierdie jaarlikse prysverhogings onbepaald te kan bekostig? Die eens trotse tuindorp het die afgelope jare in die puindorp verander, omdat die basiese instandhouding nie gedoen word nie. Die dinge waarna ek in hierdie reeks artikels kyk, is:
1. Kragvoorsiening;
2. die gebrek aan die instandhouding van die begraafplaas;
3. die gebrek aan die instandhouding van ons strate;
4. die wyse waarop vullisverwydering hanteer word; en
5. die hantering van finansies ten koste van die inwoners van Okahandja.
Ek heg foto’s aan van Okahandja se gelapte hoofstraat en vervalle geboue in dieselfde hoofstraat;
Iets anders wat kommerwekkend is, is hoedat die agbare minister dit kon goedkeur dat salarisse van munisipale amptenare eensklaps met tussen 60% en 200% verhoog word. (sien Republikein van Dinsdag 22 Junie 2014) ’n Mens wonder hoeveel miljoene dit vir Jan Publiek maandeliks uit die sak sal jaag en wat gaan gebeur as alle staatsamptenare en pensioenarisse ook hulle pondjies vleis sou kom opeis?
’n Rukkie gelede het Johnny my kom haal om te wys hoe ons kragverspreidingsnetwerk op Okahandja besig is om ineen te stort. Dit het lewensgevaarlik word as gevolg van ’n gebrek aan die nodige instandhouding. Ek het besluit genoeg is genoeg en het besluit om weekliks een van die plaaslike munisipale dienste wat dringend die agterstallige aandag nodig het, ten aanskoue van die lesers van Republikein, met die ondersteunende foto’s aan die spreekwoordelike “groot klok op te hang.”
As ons dan nog nie die dringende benodigde reaksie kry nie, gaan ek die artikels aan die betrokke lynminister en die staatspresident vir die nodige aandag gee. Ek voer nie ’n veldtog teen die munisipaliteit van Okahandja nie, maar die huidige wetgewing waarvolgens die munisipaliteit sake hanteer, dateer uit 1992 en net soos die Grondwet, is dit nodig dat die betrokke wetgewing dadelik en dringend hersien moet word.
As ’n mens na die ineenstorting van die munisipale dienste in die algemeen kyk, kan jy nie anders as om te glo dat die begroting van ons munisipaliteite byna uitsluitlik vir vet salarisse, koninklike lewenstyle en luukse voertuie gebruik word nie. Ons dorpe gaan ten gronde as gevolg van die nie-instandhouding van alle noodsaaklike dienste!
Op 18 Desember was daar ’n voorstel in Praat Saam dat Karibib se naam na “Kakkabib” verander moet word omdat riool (gereeld en ongehinderd) in die hoofstraat vloei! Die minagtende houding van sommige munisipale amptenare is dat “julle” maar aan die koerante kan skrywe en dat “ons ” ons . . . daaraan gaan afvee, gaan nie langer geduld en/of gelate aanvaar word nie.
Ek het nuus vir julle, GENOEG IS GENOEG.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie