Genooide sterre kan Vegkop aan brand speel

Senior spelers kriewel reeds om binnekort weer hul eerste ernstige krieket te mag speel.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die krieketklub WHS Old Boys sien uit om op die naweek van 7 en 8 Augustus 'n opwindende toernooi tussen vier uitnodiging­spanne by die FNB Vegkop-stadion aan te bied

Die geleentheid vanaf 15:00 die Vrydagmiddag sal die eerste hervatting van krieketwedstryde sedert die Covid-19-noodtoestand wees, asook 'n viering van WHS Old Boys se tiende bestaansjaar.

Vier van die klub se topspelers met internasionale ondervinding is as kapteins van die vier uitnodigingspanne aangewys. Die spanleiers is die Eagles se kaptein Gerhard Erasmus; die nasionale span se rekord­lopiemasjien Craig Williams; Namibië se paaltjiewagter Zane Green en die klub se nuwe aanwins Ruben Trumpelmann, linkerarm snelbouler van die Titans en Tuks.

Gedurende die loting is die talent tot die kapteins se beskikking eweredig saamgestel uit potte van senior nasionale spelers, lede van WHS Old Boys se eerste span, genooide sterre van ander krieketklubs, asook uitblinkers van die nasionale junior oefengroepe.

Wedstryde word tussen spanne van agt aan 'n kant, in wedstryde oor 10 boulbeurte per span beslis. Die Saterdag se finaal wink vir die span in posisie 1, teen die wenner van 'n uitspeelstryd tussen spanne 2 en 3.

Ná afloop van die loting is die vier spelersgroepe soos volg saamgestel:

Team Zane Green: Zane Green (kaptein), Niko Davin, Karl Birkenstock, Michau du Preez, Tangeni Lungameni, Mauritius Ngupita, Waylon Cloete, Jack Parker, Hansie de Villiers. Afrigter: Fortune Matawa.

Team Ruben Trumpelmann: Ruben Trumpelmann (kaptein), Shaun Fouché, Stephen Baard, Jan-Izak de Villiers, Gerhard Janse van Rensburg, Lu-Henro de Waal, Bernard Scholtz, JC Balt, Dirk Theunissen. Afrigter: Albert Mwere.

Team Craig Williams: Craig Williams (kaptein), JP Kotzé, Nicolaas Scholtz, Malan Kruger, JJ Smit, Ben Shikongo, Dewald Nell, Alex Volschenk, Dylan Leicher. Afrigter: Gareth Cloete.

Team Gerhard Erasmus: Gerhard Erasmus (kaptein), Divan la Cock, Nicol Loftie-Eaton, Pikky ya France, Lo-han Louwrens, Christiaan Schumacher, Stefan Bezuidenhout, Christo Brinkhorst, Christiaan Delport. Afrigter: Wilhelm Tuhafeni.



GREEN SPELER VAN DIE JAAR

In sy tiende bestaansjaar het WHS Old Boys onlangs sy jaarafsluiting vir die 2019-2020 seisoen by sy klubhuis gehou.

Die Namibiese paaltjiewagter Zane Green is as speler van die seisoen bekroon. Die deurslaggewende faktor was sy honderdtal in Krieket Namibië se premierliga oor 50 boulbeurte per span, wat die ligbloues in staat gestel het om Samsung FNB Wanderers te klop.

Hierdie triomf het inderdaad bygedra dat die klub se bankrekening met 'n stewige prysgeld van die nasionale beheerliggaam versterk is.

“Zane Green, die Mean Machine, is een van die fiksste spelers wat jy kan kry en het met sy kolfwerk (376 lopies vir die seisoen) én agter die paaltjies goeie werk verrig,” het Old Boys se voorsitter, mnr. Francois Erasmus, tydens die bekend­making gesê.

Die nasionale span se kaptein, Gerhard Erasmus, is aangewys as die speler wat die beste prestasie van die seisoen gelewer het. Erasmus bevind hom in die 22ste posisie op die wêreld­ranglys van veelsydige spelers in T20-krieket en sy leierskap vir sy klub en vir die Eagles was goud werd.

Die 24-jarige Erasmus is verlede jaar as speler van die toernooi aangewys tydens Namibië se suksesvolle kwalifisering vir die T20 Wêreldbeker in Australië, wat intussen tot Oktober 2021 uitgestel is.

Die veteraan Craig Williams is as die klub se voorste veelsydige speler in die premierliga (T20 en eendagkrieket) bekroon. Erasmus was die topbouler met 21 paaltjies in beide formate.

Ander trofeewenners was (T20- en 40-beurtligas gekombineer):

Tweedespan (eerste liga) beste kolwer: Wesley Anderson (183 lopies).

Tweedespan beste bouler: Daneel van der Walt junior (15 paaltjies).

Tweedespan beste veelsydige speler: Uli Fortuin.

Old Boys Vintage (eerste liga) beste kolwer: Nicky Buys (311 lopies).

Old Boys Vintage beste bouler: Christo Greeff (15 paaltjies).

Derde span (tweede liga, T20- en 30-beurtliga) beste kolwer: Leon Fleming (212 lopies).

Derde span beste bouler: Wicus van Wyk (18 paaltjies).

Span van die jaar: eerste span (premierliga-kampioen).

• Windhoek Old Boys het die afgelope seisoen verskeie nasionale spelers op senior en junior vlak opgelewer.

Vir die Eagles was dit Erasmus, Green, Craig Williams, Zhivago Groenewald en Tangeni Lungameni.

Divan la Cock was die nasionale o.19-kaptein na die Coke-week in Suid-Afrika, terwyl André Siepker (o.17 en o.19) en Gerhard Janse van Rensburg (o.15 en o.19) ook puik vordering toon.

Alexander Volschenk (Namibië o.15A), Zacheo van Vuuren (o.15B), Wicus van Wyk, Pieter Kotze en Henry van Wyk (almal o.15C), asook Adriaan Louw (o.13-span, kaptein) en Francois du Plessis (o.13B) het ook blootstelling in toerspanne buite die landsgrense gekry.



BESTUUR BESTENDIG

Die klub se algemene jaarvergadering is by dieselfde geleentheid afgehandel.

In die verkiesing van die bestuurskomitee was net een verandering nodig, met Pieter Laubscher nie langer beskikbaar nie. Sy plek word deur Christo Bronkhorst ingeneem. Die res van die komitee is Francois Erasmus (voorsitter), Jason Bandlow, Gareth Cloete, Malan Kruger, Leon Flemming en Daneel van der Walt.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!