GenTecSol: ‘n Belegging in genetika
Die toetsstasie se data dra daartoe by dat teelwaardes vir netto voerinname binnekort ontwikkel kan word. Dit sal dan na verwagting binne die volgende twee jaar in Breedplan se prestasietoetstelsel aangewend kan word.
Elvira Hattingh - Die GenTecSol netto voerinname toetsstasie op die plaas Okawatuta naby Hochfeld, het sedert die opening van sy deure in Februarie verlede jaar reeds 337 bulle van sewe telers en drie beesrasse getoets.
Tans word ’n vyfde groep van 38 bulle vir netto voeromset getoets. Alle data word in reële tyd via die internet na Calgary in Kanada gestuur, waar dit verwerk, gemonitor en geberg word.
Intussen is die toetsstasie ook amptelik by die Suid-Afrikaanse Landbounavorsingsraad (LNR) geregistreer, wat beteken alle data wat dit versamel, word van Kanada na die LNR se Intergis-databasis oorgedra.
Gevolglik sal teelwaardes vir netto voerinname na verwagting binne die volgende twee jaar in Breedplan se prestasietoetsstelsel aangewend kan word. Die teelwaardes kan beskikbaar gestel word sodra meer as ongeveer 1 500 bulle se data versamel is.
Dié data word ingesamel van alle bulle van onderskeie rasse wat in Suider-Afrika getoets word en sluit dus ook toetse by ander toetsstasies in Suid-Afrika in. Hierdie toets is nie dieselfde as die ou fase C- of D-voeromsettoetse nie aangesien dit ook die onderhoudtoestand van die dier in aanmerking neem.
GenTecSol is steeds die eerste ten volle geoutomatiseerde netto voerinname toetsstasie in Afrika wat in reële tyd opnames maak van hoeveel watter beeste eet. Ná ‘n besoek aan GenTecSol verlede jaar het die LNR egter ’n soortgelyke GrowSafe-stelsel van Kanada bestel wat eersdaags by die Irene-navorsingstasie naby Pretoria geïnstalleer sal word. Wêreldwyd is reeds sowat 180 GrowSafe-stelsels geïnstalleer.
TOETSPARAMETERS IN PAS MET INTERNASIONALE NORME
Volgens mnr. Mecki Schneider, mede-eienaar van die toetsstasie, sluit verdere hoogtepunte oor die afgelope 14 maande in dat die stasie sy toetsparameters na uitgebreide onderhandeling en uiteindelike toestemming van die LNR, suksesvol kon verander sodat dit by internasionale norme vir GrowSafe-stelsels aanpas.
“Eerstens is die aanpassingsperiode vir beeste van 28 tot 21 dae verkort, terwyl die toetsperiode self van 84 tot 70 dae verkort is. Dit kon gedoen word aangesien internasionale navorsing bewys het dat geen verdere waardevolle inligting na 70 dae verkry word nie,” verduidelik Schneider.
“Die verkorte toetstydperk het ’n direkte invloed op die koste van die toets – ons kon dit dus met N$500 per dier verminder.
“Tweedens het ons nou voorsiening gemaak om nie net speenkalwers tussen die ouderdom van 200 en 300 dae te toets nie, maar ook ouer diere van tussen 300 en 400 dae. Die kontemporêre groep moet wel binne sestig dae gebore wees.
“Laasgenoemde toetse hou die voordeel in dat vee ouer en swaarder is en daarna vir vleisgehaltetoetse geslag kan word – wat deel van die Beef Genomics Program is,” het Schneider gesê.
BELEGGING IN GENETIKA
Schneider sê buiten vir hom en sy vennoot Ebbi Fischer, het ander plaaslike telers ook reeds hul bulle by GenTecSol laat toets. Hieronder tel die Brahmantelers mnre. Rynand Mudge, Hagen Eggert en Ryno van der Merwe.
“Die Simbratelers mnre. Werner Wilckens en Diethelm Metzger het ook bulle laat toets, asook die Schneider Family as Simmentalertelers.
“Hierdie toetse is ‘n belegging in toekomstige genetika wat sal help om vir meer voerdoeltreffende vee te selekteer. Dié eienskap is hoogs oorerflik en dus sal die nageslag van meer doeltreffende bulle ook beter voeromsetters wees.
“Dit kos tans N$6 000 per bul en as deelnemers deel van die Beef Genomics Program is, dan betaal die teler slegs 25% van die toetse,” sê Schneider.
Hy sê voorts dit is nie waar dat die toetse net relevant is tot diere se prestasie in voerkrale nie – dit is ook van toepassing op ekstensiewe weidingstoestande.
“Daar is wetenskaplik bewys dat ‘n 75%-korrelasie tussen omstandighede in die voerkraal en die weiveld bestaan. Toetse onder omstandighede waar beeste gevoer word, sal definitief ook help om vir beter genetika vir die weiveld te selekteer.”
Volgens Schneider is die totale belegging van bykans N$2 miljoen in die stasie ’n stap in die regte rigting, veral aangesien intensiewe vark- en hoenderboerderye dekades lank al vir die mees doeltreffende voeromsetters selekteer en die beesbedryf dus een voor is.
“Daar bestaan nie ’n metode om voerdoeltreffendheid of voerinname in die veld te meet nie. Dus moet ons gebruik maak van ‘n toetsstasie.
“Die doel van hierdie voerdoeltreffendheidstoetse is om diere te identifiseer wat kos meer doeltreffend as ander gebruik. Tot dusver het ons nog nie in die veebedryf daarvoor geselekteer nie.
“Die doel is om vir diere te selekteer wat die minste per kg gewigstoename eet.
“Uit die toetsdata van die afgelope jaar kan duidelik gesien word dat die mees doeltreffende diere sowat 4 kg voer in vir elke kg gewigstoename inneem, terwyl ondoeltreffende diere tot 8 of 9 kg voer moet inneem om 1 kg gewig aan te sit. Dit is ‘n verskil van 100%.
“Hierdie aspek sal ’n groot invloed op toekomstige seleksie en koste vir voerkrale hê - selfs ook op weivelde waar die bestokking drasties verhoog kan word as diere meer doeltreffende ruvoerverbruikers is.”
Schneider sê die fasiliteit is tot die beskikking van alle telers van alle beesrasse. “GenTecSol nooi enige een om met my, mede-eienaar Ebbi Fischer of Jacque Els van die Namibië Stoettelersvereniging te skakel.
KASSIE: Wat kenners sê
Alison Sunstrum, uitvoerende hoof van GrowSafe, Kanada
“Voerkoste is tot 70% van boere se produksiekoste. Vee wat selfs net 10% meer doeltreffend in voeromsetting is, kan jou winsgewendheid met 43% verbeter.
“Sowat 2 kg minder voer per dag vir dieselfde gewigstoename onder vee oor ’n toetstydperk van 112 dae, bespaar jou N$1 096 per dier – as voer N$4 per kg kos.”
Dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan Suid-Afrika
“Verbeterde ekonomiese groei en voedselsekerheid word gerugsteun deur toegepaste bees-genetika en -tegnologie. Ons moet die nuwe tegnologieë gebruik. Die Beef Genomics Program is hoofsaaklik gebaseer op totale toetsing en rekordhouding van prestasie.
“Om vir Henry Ford aan te haal: ‘As ek my kliënte vra wat hulle wil hê, sou hulle sê ’n vinniger perd’. Dit gaan daaroor om ’n wins vir kommersiële produsente te skep.”
Prof. Michiel Scholtz, LNR
Die eienskappe wat koeie se produktiwiteit beïnvloed, is die speengewig van die kalf, die koei en kalf se gekombineerde voerbehoeftes en die gereeldheid wat sy ’n kalf voortbring.
Prof. Norman Maiwashe, LNR
Groter produksie per eenheid beteken meer beesvleis per hektaar. Voerinname is ’n hoofdrywer van winsgewendheid. Die seleksie vir beter voerdoeltreffendheid lei tot ’n afname in onderhoudskoste van tussen 9 en 10% in die koeikudde en ook ’n afname in voerinname van 10 tot 12%. Deur te selekteer vir netto-voerinname, kry jy die geleentheid om jou winsgewendheid te verbeter.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie