George H.W. Bush en sy vrou in hospitaal opgeneem
George H.W. Bush en sy vrou in hospitaal opgeneem

George H.W. Bush en sy vrou in hospitaal opgeneem

Estelle de Bruyn
Die Amerikaanse oudpres. George H.W. Bush (92) is na die intensiewesorgeenheid van ’n hospitaal in die deelstaat Houston oorgeplaas.

Hy is Woensdag met longontsteking in die hospitaal opgeneem. Sy vrou, Barbara, is ook in die hospitaal vir waarneming opgeneem nadat sy gekla het van moegheid en baie begin hoes het.

Bush, Amerika se 41ste president, sou nie die inhuldiging van Donald Trump weens gesondheidsredes bywoon nie.

Hy het verlede week aan Trump geskryf dat hy en sy vrou “in gees” daar sou wees.

Tydens die verkiesingsveldtog het Trump sterk uitgevaar teen Bush se seun, Jeb, wat hom ook as ’n kandidaat vir die Republikeinse party verkiesbaar gestel het.

Bush sr. het die afgelope paar jaar openbare funksies in ’n rystoel bygewoon. In 2014 was hy twee keer in die hospitaal vir longontsteking opgeneem.

Hy is Amerika se oudste, lewende oudpresident. – Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!