George H.W. Bush ernstig siek
George H.W. Bush ernstig siek

George H.W. Bush ernstig siek

Oudpres. George H.W. Bush van Amerika is in die hospitaal opgeneem ’n dag ná sy vrou, Barbara, se begrafnis.

CNN berig dat Bush (93) in die Houston Methodist-hospitaal se hoësorgeenheid behandel word vir ’n infeksie.

“Hy reageer op die behandeling en dit lyk asof hy herstel,” sê Jim McGrath, familiewoordvoerder.

Hy was Amerika se president van 1989 tot 1993 en sy seun, George W. Bush, het later self president geword, berig die BBC.

Barbara, die enigste vrou wie se man én seun as Amerikaanse president ingehuldig is, is verlede Dinsdag dood en Saterdag begrawe.

Die egpaar was 73 jaar getroud.

Ná haar dood het Bush gesê: “Ons vertrou dat sy in die hemel is en ons weet dat die lewe sal aangaan, soos sy dit wou hê. So moenie bekommerd wees oor die Bush-familie nie.”

Volgens ’n bron na aan Bush is hy in die hospitaal met ’n infeksie opgeneem wat later tot bloedvergifting gelei het. Sy toestand was kritiek en sy bloeddruk het aanhou daal. In ’n stadium was daar kommer dat hy nie sou oorleef nie. Sy toestand is nou meer stabiel.

Bush kan nie meer loop nie weens Parkinson se siekte. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!