Gerhard Engelbrecht as oeskoning aangewys
Gerhard Engelbrecht as oeskoning aangewys

Gerhard Engelbrecht as oeskoning aangewys

Ronelle Rademeyer
'n Ongelooflike 9,7 ton per hektaar! Dit is hoeveel mielies die 42-jarige mnr. Gerhard Engelbrecht vanjaar op sy plaas, Hoba, naby Grootfontein geoes het.
Engelbrecht is deur die Namibiese ­Akkerbouraad as 2017 se oes­koning aangewys, met mnr. Cobus Brand van die plaas ­Valparaiso in die tweede plek met 'n ewe puik opbrengs van 9,6 ton per hektaar.
Die jaarlikse Oesfees, wat met die kroning saamval, vind op 19 Augustus by die skougronde op Grootfontein plaas.
Verskeie sprekers sal by die geleentheid optree, onder wie mnr. Johan van den Berg van Santam Agri in Suid-Afrika, wat 'n seisoenale weervoorspelling vir 2017-'18 sal gee.
Die program sluit ook items soos 'n kookdemonstrasie en tuinboupraatjie in en bevat aktiwiteite vir die kinders. Buiten die aanwys van 2017 se Mej. Oesfees, word die aand afgesluit met 'n braai en dans.
Instansies wat graag betrokke wil raak, kan die voorsitter van die Grootfontein Boerevereniging, mnr. Willem Enslin, by [email protected] kontak. Die dag bied die geleentheid vir goeie blootstelling aan borge en gratis uitstalruimte is beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!