Gerrie Nel: ‘Korrupte sakelui is ’n bende boelies’
Vier vereistes is nodig om korrupsie te bekamp, het die bekende advokaat Gerrie Nel vandeesweek gesê. Nel het bekend geword as die staatsaanklaer in die Oscar Pistorius-saak.
Adv. Gerrie Nel sê sakelui wat saamspan is ’n bende boelies en korrup. Hy staan tans aan die stuur van die burgerregte-organisasie AfriForum se onafhanklike vervolgingseenheid en was die hoofspreker in Kaapstad by ’n konferensie van die vereniging vir eiendomseienaars.
Die vier dinge wat Suid-Afrika benodig is:
1. ’n Sterk politieke wil teen korrupsie;
2. ’n Vrye regbank;
3. ’n Vrye media; en
4. ’n Onafhanklike en aktiewe burgerlike samelewing.
“Suid-Afrika het reeds drie van die vier vereistes wat internasionaal gesien word wat nodig is om korrupsie te beveg,” het Nel gesê.
Hy sê al wat skort van dié vier, is die sterk politieke wil om korrupsie te bekamp.
Nel het Julius Malema, die leier van die EFF, aangehaal wat ook by die konferensie ’n toespraak gelewer het naamlik dat “sakelui nodig het om hul eie gierigheid te ontwrig”.
“Ek het nie besef hoe bende boelies sakelui kan wees wat saamspan en prysvasstelling pleeg nie.
“Wanneer ’n staatsamptenaar korrup is, sê ons hy is korrup, maar as ’n sakeman korrup is, word gesê hy het saamgespan.”
“Ek het onlangs eers besef die samespanning met die sokkerstadions vir die Wêreldsokkertoernooi in Suid-Afrika het R14 miljard se ekstra koste vir munisipaliteite meegebring.
“Dink net wat ons met ’n ekstra R14 miljard kon doen vir die ekonomie.”
Nel sê hy wil die konsep van korrupsie ophelder of ontraaisel.
“Wat gaan verkeerd van lippediens oor die geveg teen korrupsie tot wat ’n mens in ’n direksiesaal kry?
“Dieselfde geld politici. Minister Jeff Radebe (tans minister in die presidensie) het voorheen gesê vir elke korrupte staatsamptenaar is daar ’n korrupte sakeman.
“So wie is die werklike boelies: Die amptenaar wat die tenders hanteer of die man wat bereid is om hom sy jaar se salaris te betaal om die tender te kry?
“Transparency International sê sonder voorbeeldige leierskap en rolmodelle kan ons doen wat ons wil, ons sal nooit korrupsie kan stop nie.”
Nel sê korrupsie is onderhands en iemand kan voorberei word as deel van die proses.
“Soos as jy ’n vriend het wat ’n vriend in die regering het en die ou het nuwe bande vir sy motor nodig wat jy betaal en later betaal jy vir sy motor se diens.
“Jare later wanneer die man die hoof van aankope is, byvoorbeeld, en jy wil ’n tender hê, sal hy nee kan sê.”
Volgens Nel vereis wetgewing in Suid-Afrika as iemand weet van korrupsie van meer as R100 000 en dit word nie aangemeld nie, word ’n misdaad gepleeg. Dit geld selfs iemand wat in daardie stadium waarneem.
“ ’n Staatspos kom met mag en mag het ’n verantwoordelikheid. Wie sou tien jaar gelede gedink het die uitspraak oor Nkandla sou moontlik gewees het? Of die hof sou president Jacob Zuma dwing om redes te gee vir die kabinetskommeling?”
“Die wiele van die gereg draai stadig, maar dit is die moeite werd as geregtigheid op die ou einde geskied.
“Ek waarsku teen ’n saak aanjaag en sodoende word geregtigheid verydel omdat die uiteindelike geregtigheid die belangrikste is.”
Op ’n vraag oor die vervolgingseenheid van AfriForum, sê Nel as iemand so magtig raak om ’n vervolging deur die nasionale vervolgingsgesag te keer, wat anders kan die publiek doen?
“Ek dink ons sal die konstitusionele hof kan oortuig dat gewone burgers ’n reg het op elke sent wat met korrupsie gespandeer word of misbruik word.
“Ons as samelewing moet kan toon ons het ’n spesifieke belang daarin om die regering te stop om ons belastinggeld te misbruik.” - Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie