Gerrie Nel se bedanking 'n 'tragiese dag' vir NVG
Gerrie Nel se bedanking 'n 'tragiese dag' vir NVG

Gerrie Nel se bedanking 'n 'tragiese dag' vir NVG

Francoise Steynberg
Adv. Gerrie Nel se bedanking is “'straightforward' 'n tragiese dag vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG)”, sê dr. Llewellyn Curlewis, strafregprokureur van Pretoria.

Volgens Curlewis, 'n voormalige president van die Prokureursorde van Suid-Afrika, het die NVG ­“wesenlike probleme” nadat Nel slegs 24 uur kennis gegee het voordat hy sy werk verlaat.

Om 24 uur kennis aan 'n werkgewer te gee dat jy bedank, dui daarop dat daar “iets sinisters hier moet wees”, want dit is nie 'n redelike kennistyd nie, meen Curlewis.

Hy sê hy vermoed die rede vir Nel se bedanking is polities van aard, “maar 'n mens kan maar net bespiegel daaroor”.

Terselfdertyd is Nel se aanstelling by AfriForum 'n aanwins vir dié organisasie en vir enige organisasie waarvoor Nel ook al mag werk. Hy het Nel beskryf as 'n “grootkaliber”-aanklaer met hoë etiese standaarde en wat respek by sy opponente in die hof inboesem.

“Praktiese ondervinding (soos Nel s'n) kan jy nie aan geld koppel nie. 36 jaar se ondervinding as aanklaer kry jy nie om elke hoek en draai nie.”

Adv. Barry Roux SC, wat Nel se gedugte teenstander in die Oscar ­Pistorius-verhoor was, het gesê dis elke keer “terrible” as 'n ervare staatsaanklaer bedank.

Roux sê hy kan nie oor Nel spesifiek kommentaar lewer nie, maar slegs ­algemene stellings maak.

Roux sê elke keer wanneer 'n ervare aanklaer bedank, dan dink hy: “Ai tog.”

Sulke bedankings is sleg, want die land moet 'n sterk vervolgingsgesag hê.

“Dit maak nie saak wié die ervare aanklaer is wat bedank nie.”

Adv. Johann Engelbrecht SC, ook 'n bekende strafregpraktisyn, was verbaas oor Nel se bedanking.

“Ek het gedink hy gaan by die direkteur van openbare vervolging bly tot sy aftrede.”

Volgens Engelbrecht het hy en Nel in minstens drie hofsake teen mekaar te staan gekom vir onderskeidelik die staat en die verdediging.

“Hy is 'n formidabele aanklaer. Die vervolgingsgesag se verlies is Afri­Forum se wins.”

Lt.kol. Mike van Aardt, bekende ­polisiespeurder wat aan die ondersoek oor Oscar Pistorius gewerk het, sê dit was 'n voorreg om ure en dae lank saam met Nel te kon werk.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!