Gertze skotvry ná skietvoorval
'n Klag van poging tot moord teen die uitvoerende direkteur van die Namibiese Kwalifikasieowerheid is verlede week teruggetrek.
Ogone Tlhage – Die klag van poging tot moord teen die uitvoerende direkteur van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA), mnr. Franz Gertze, is Donderdag in die landdroshof in Windhoek teruggetrek.
Die kantoor van die aanklaer-generaal het beslis Gertze sal nie vervolg word vir die skietvoorval waarin sy vrou, me. Anittha Gertze (29), betrokke was nie.
Dit het gevolg nadat Anittha Gertze glo 'n verklaring afgelê het dat haar man haar nie wou doodmaak nie, maar dat die skote tydens 'n worsteling oor 'n jaggeweer afgevuur is.
Anittha is na bewering verskeie kere in haar onderlyf tydens die voorval geskiet wat in November 2019 in hul huis in Pionierspark plaasgevind het.
Hy het haar onmiddellik ná die skietery na die Rooms-Katolieke Hospitaal in die hoofstad geneem waar sy in 'n kritieke toestand opgeneem is.
Hierna het Gertze die polisie ingelig dat hy lukraak in hul slaapkamer geskiet het omdat hy vermoed het daar was inbrekers in die huis.
Volgens 'n polisieverslag was daar geen teken van 'n inbraak nie.
AANGEKLA
Gertze was aanvanklik aangekla van poging tot moord en die nalatige hantering van 'n vuurwapen, saamgelees met die bepalings van die wet op huishoudelike geweld.
Gedurende die ondersoek het polisiebeamptes glo 'n tweede vuurwapen in Gertze se motor en 'n selfdoodbrief in sy huis gevind.
“'n Selfdoodbrief is gevind wat glo deur die verdagte geskryf is. Die jaggeweer wat gebruik is, behoort aan Gertze en is in die huis gekry en gekonfiskeer. 'n Pistool is ook in sy motor gevind,” lui 'n polisieverslag wat verlede jaar ná die voorval uitgereik is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie