Gerugte oor water nie waar
Die kwaadwillige WhatsApp-boodskap oor die onveiligheid van Windhoek se kraanwater is skerp veroordeel.
Ronelle Rademeyer - Die Mediclinic-hospitaalgroep en die Windhoek-munisipaliteit het hulle Woensdag sterk uitgespreek teen 'n vals kennisgewing waarin inwoners van die stad gewaarsku word om nie kraanwater te drink nie.
Die kennisgewing is op sosialemediaplatforms soos WhatsApp versprei.
Volgens die vals berig is kraanwater onveilig en die bewys daarvoor is glo die cholera-uitbreking en die Kongokoors-geval.
Mediclinic sê hy het met kommer van hierdie vals berig onder sy naam verneem en sê dit het nie sy oorsprong by enige van die hospitale in die groep gehad nie.
“Ons ontmoedig die gemeenskap om gesondheidsverwante boodskappe uit te stuur wat nie deur 'n betroubare mediabron bevestig is nie,” lui die verklaring deur die groep se woordvoerder, me. Dezne Colmer.
Tegelykertyd het Windhoek se munisipaliteit ook dié aantygings ten sterkste verwerp en gesê die stad is 'n wêreldleier in die verskaffing van veilige herwonne water.
Die munisipaliteit sê water word aan streng wetenskaplike toetse ingevolge internasionale standaarde onderwerp.
Mnr. Piet du Pisani, voormalige strategiese hoof van waterbestuur in Windhoek, het by navraag gesê hy was 16 jaar nou gemoeid met die stad se waterherwinningswerke.
“Die herwinningsaanleg is ISO 90001-goedgekeur, wat beteken dit is op wêreldstandaard. Vir die laaste 50 jaar was Windhoek die enigste stad wat herwinning gedoen het.
“Dis eers onlangs dat meer plekke ook water vir hergebruik begin herwin het. Ek kan sonder vrees sê wat ons in Windhoek doen, maak van ons 'n wêreldleier,” het hy aan Republikein gesê.
Die episentrum van die uitbrekings van hepatitis E en cholera is die informele nedersettings by Windhoek waar swak higiëne en gebrekkige sanitasie as oorsake beskou word.
Die bevestigde Kongokoors-geval is uit die Omahekestreek afkomstig.
Kongokoors is 'n siekte wat deur die bontpootbosluis versprei word en nie deur water oorgedra word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie