Gesels oor skoolfonds
Gesels oor skoolfonds

Gesels oor skoolfonds

Dani Booysen
Dit is goed dat Swapo se sentrale komitee die naweek debat oor sogenaamde “gratis onderwys” gevoer het.

Hierdie beleid was uit die staanspoor ‘n warm gesprekspunt. Eers toe dit by laerskole geïmplementeer is, en wéér toe die beginsel na hoërskole uitgebrei is.

Vroeër vanjaar is subsidies aan skole drasties weens besuiniging ingekort.

Gebeure sedertdien wys dat die staatskas onder groot druk is en Moody’s se afgradering gaan sake nie vergemaklik nie.

Nie lank terug nie het Republikein opnuut in ‘n hoofartikel aangevoer dat goeie opvoeding sonder enige bydrae deur ouers prakties onmoontlik is.

Die debat in die regerende party erken die aktualiteit en belang van hierdie kwessie. Eerder as om die onderwerp te verpolitiseer en te misbruik, is praktiese oplossings lankal nodig.

Die regering en ministerie van onderwys kan nie ouers aanmoedig om by te dra tot skoolfonds en soms skole kruisig wat wel ekstra bydraes vra nie. Skole, die publiek en ouers moet duidelike riglyne ontvang en presies weet wat is toelaatbaar.

Heeltemal “vrywillige” bydraes het nie geslaag nie. Vroeër moes ouers hul behoeftigheid bewys – wat gebeur het, en deur skole aanvaar is.

Ouers self moet ook nie agter politiek skuil nie. Daar is ‘n gesegde dat niks in die lewe verniet is nie.

Vir bykomende dienste en kwaliteit moet betaal word. En die land kan saam praat oor wat dit behels. Byvoorbeeld sport, kuns, kultuur, die koste van aflospersoneel, remediërende bystand en dies meer.

Ons kan nie voortploeter met ‘n bedeling wat ons toekoms in die gevaar stel nie.

So sê ander

14 Augustus 2017

Bespaar water – terwyl daar nog is om te bespaar . . .

As net soveel reën die res van die winter val as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar, word voorspel dat met die huidige verbruikspatrone Wes-Kaapse damme teen Maart volgende jaar droog sal wees.

Talle ander plekke – George, Knysna, Port Elizabeth, om ’n paar te noem – is in ’n soortgelyke bootjie, hoewel nie heeltemal so katastrofies soos in die Kaapse metropool nie.

Verbruikers word al maande lank oor die waterkrisis gewaarsku, maar dit val skynbaar op dowe ore. Die verskonings en regverdigings vir die misbruik is legio.

Twee goed moet gebeur om ’n ramp af te weer: Óf dit reën die res van die winter abnormaal baie (wat onwaarskynlik is) óf elkeen van ons bespaar elke liewe druppel wat ons kan.

Waterskaarste en verantwoordelike waterverbruik gaan die norm word.

In tye van oorvloed moet ons voorsiening maak vir die maer tye. En dit geld sowel verbruikers as die owerhede.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!