Gesin in Hochlandpark beroof voor vuurwapen se loop
Meer as een rower het omstreeks 03:00 Vrydag in die vroeë oggendure van Menseregte- en Vrouedag by ‘n huis in Taubenstraat in Windhoek se Hochlandpark-buurt ingebreek en ‘n gesin van vyf beroof.
Volgens vandag se naweekmisdaadverslag was daar meer as een rower betrokke.
Hulle het glo by ‘n oop kombuisvenster ingeklim en toe die man, sy vrou en hul drie kinders met ‘n vuurwapen gedreig.
Die kinders is voor die loop van ‘n vuurwapen na die ouers se slaapkamer op die tweede verdieping geneem.
Die rowers se buit het ‘n gesamentlike waarde van N$176 000 en bestaan uit twee TV’s, twee skootrekenaars, vier selfone en ander, kleiner items.
Die verdagtes het glo die kombuisdeur gebreek om uit die huis te kom en toe oor die muur geklim terwyl hulle die elektriese heining met ‘n stuk hout opgelig het.
Die rowers is steeds op vrye voet.
TWEE HUISBRAKE
Items ter waarde van N$43 000 is volgens die polisie Donderdag tydens ‘n huisbraak in Kleine Kuppe gesteel.
Op Woensdag of Donderdag het inbrekers op Omururu items ter waarde van meer as N$200 000 uit ‘n huis gesteel.
Hulle het toegang deur ‘n badkamervenster verkry en 2 500 euro en US$2 000 in kontant uit ‘n kluis gesteel, asook ‘n .357-revolver en ‘n jaggeweer. Die diewe het ook klere, juwele, insluitende trouringe, ‘n rekenaarspeletjie, ‘n kleuterskootrekenaar en ‘n selfoon gesteel.
Die ondersoeke na al drie voorvalle duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie