Gesin se stryd om te herenig duur voort
Regskenners het hoërhofregter Thomas Masuku se beslissing veroordeel, en daarop gewys dat sy uitspraak nie in die beste belang van die tweeling, Maya en Paula, is nie.
Jana-Mari Smith
Die Namibiese hoëkommissariaat in Pretoria het Dinsdag vir mnr. Phillip Lühl weggewys nadat hy 'n formele aansoek om reisdokumente vir sy pasgebore dogters, Maya en Paula Delgado Lühl, wou indien.
Lühl, ’n Namibiër, het die hoëkommissariaat genader 'n dag nadat hoërhofregter Thomas Masuku in Windhoek op grond van die gebrek aan 'n amptelike aansoek, gevoel het die hof kon nog nie inmeng met die ministerie van binnelandse sake se besluit om nie reisdokumente aan die tweeling uit te reik nie.
Pleks daarvan om gehelp te word, het Lühl gehoor hy moet dit “direk met die ministerie in Windhoek hanteer”.
Ná hy heen-en-weer navraag gedoen het, het Lühl gisteroggend wel toestemming gekry om die formele aansoek by die hoëkommissariaat in Pretoria in te dien, volgens die instruksies van ’n staatsadvokaat. Die aansoek sal na Windhoek gestuur word vir oorweging.
‘PLIG VERSUIM’
Intussen het regskenners Masuku se uitspraak veroordeel, en daarop gewys dat sy uitspraak nie die beste belange van die kinders in ag neem nie.
Pleks daarvan, sê hulle, het hy gefokus op die afwesigheid van die korrekte dokumente.
“’n Geboortesertifikaat wat in Suid-Afrika uitgereik is, is ’n bewys van ouerskap. Geen DNS-toets word vereis nie. Die kinders is Namibiërs en hulle moet kan huis toe kom. Die hof het nie die regte kwessie, wat in dié saak ter sprake is, hanteer nie. Die beste belange van die kinders moes geseëvier het en nie die aansoek om nooddokumente nie,” het 'n gerespekteerde prokureur, wat anoniem wou bly, gister gesê.
Sy het bygevoeg die minister het dit baie duidelik gemaak dat ’n aansoek afgekeur sou word.
“Wat word nog van die ouer vereis as die minister alles het wat nodig is om die versoek toe te staan?”
Sy het bygevoeg dat “Namibiese howe nie op hul grondwetlike verpligtinge let om grondwetlike regte te verbeter deur te fokus op die waardes van die Grondwet nie. Pleks daarvan word ons howe dikwels vasgevang in die nakoming van wette en ondermyn in die proses litigante se regte.”
Mnr. Eben de Klerk, ‘n prokureur, het gister saamgestem die hof “het sy plig as oppervoog van alle minderjariges versuim”.
Die Regshulpsentrum (LAC) het die uitspraak as “teleurstellend en ontstellend” beskryf en gesê die hof het “sy primêre regsplig versuim om die beste belange van die kinders te beskerm”.
“Die werklikheid is dat daar teen Paula en Maya gediskrimineer word as gevolg van hul ouers se seksuele oriëntasie,” het die LAC beklemtoon.
Die LAC-span het benadruk die saak is “aan die einde van die dag eerder ‘n kinderregtekwessie as 'n gayregtekwessie. Die tweeling het die volste reg om die vroeë dae van hul lewens by albei hul liefdevolle ouers deur te bring. Dit is sekerlik in die beste belang van die tweeling en hul ouer broer dat die gesin bymekaar is.”
De Klerk het gesê die babas is in 'n “betreurenswaardige posisie” gelaat en dat dit nie moeilik is om te “vermoed dat die seksuele oriëntasie van die ouers 'n deurslaggewende rol gespeel het in die regering se weiering om reisdokumente te verskaf, sowel as in die uitspraak in hierdie saak nie”.
Hy het bygevoeg: “As dit so is, is dit inderdaad 'n hartseer dag in ons land, omdat die regering en ons howe nie bereid is om ons grondwetlike reg, om nie op grond van seksuele oriëntasie teen gediskrimineer te word, te beskerm nie. In hierdie geval ook ten koste van minderjariges.”
Die LAC het aangevoer die ministerie, het ondanks die hof se fokus op die prosedures wat nie gevolg is nie, dit voor en tydens die hofverrigtinge “baie duidelik” gemaak dat hulle nie die dokumente sou uitreik wat die tweeling sou toelaat om huis toe te kom tensy 'n vaderskapstoets gedoen word nie.
KOMMERWEKKEND
Die kinderbeskermingspesialis, me. Veronica Theron, het gesê die belangrikste aspek om in dié saak te oorweeg is die “beste belang van die tweeling”, en het benadruk die omstandighede rondom hulle geboorte en ouerskap moet nie die primêre kwessie wees nie.
Theron het gesê Namibië se robuuste kindersorg en -beskermingswet bepaal dat alle kinders “die reg het om deur albei ouers versorg en liefgehê te word”.
Die eerste 1 000 dae van 'n pasgeborene se lewe speel ’n belangrike rol in hul kort- en langtermynontwikkeling, en hul vermoë om verhoudings en bande te ontwikkel, het sy gister gewaarsku.
Sy het gesê dit is kommerwekkend dat hulle van een van hul ouers weggehou word, wat in die toekoms hul vermoë om bande te smee en verhoudings te ontwikkel kan beïnvloed.
“Kinders vra nie om hier te wees nie. Hulle kan nie vir hul bestaan en ander mense se menings oor hul ouers gestraf word nie. Dit is in die beste belang van 'n kind om by die ouers te wees.”
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie