Gesin uiteindelik herenig
Gesin uiteindelik herenig

Gesin uiteindelik herenig

Yandi Du Plessis
Die ministerie van binnelandse sake het gister noodreisdokumente vir die tweeling Maya en Paula Lühl uitgereik.

Twee maande ná hul geboorte kan die tweeling nou huis toe kom om hul broer Yona te ontmoet en saam met hul twee pappas te woon.

Die dokumente is uitgereik nadat mnr. Phillip Lühl, hul Namibiese pa, Maandag noodgedwonge 'n tweede dringende aansoek van stapel gestuur het en die hof opnuut gevra het om die ministerie van binnelandse sake te verplig om op die amptelike aansoek om reisdokumente te reageer wat intussen ingedien is.

Hoewel die gesin 'n dag ná die uitspraak van 19 April, waarin hul aansoek om reisdokumente van die hand gewys is, weer formeel vir reisdokumente aansoek gedoen het, het die ministerie nie amptelik daarop gereageer nie. In sy mees onlangse dringende aansoek het Lühl gesê die gesin is gedwing om die opsie te oorweeg om Namibië te verlaat om saam te wees.

Die gesin wag nou op die uitspraak in ’n ander hoërhofsaak, wat sal beslis of Yona geregtig is op Namibiese burgerskap omdat sy pa ’n Namibiër is.


FOTO
Die Lühl-Delgado-gesin kan ná meer as twee maande herenig. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!