Gesinsdinamiek onder loep in uitstalling
Die Goethe Institut Namibia en die StArt Art-galery het kragte saamgespan om ’n “sakuitstalling” getiteld Family Matters aan te bied.
Hierdie projek is laat in 2019 deur die Goethe Institut van stapel gestuur en ondersoek verskillende aspekte van die gesin en familie as ’n sosiale eenheid in sewe Afrikalande.
Kreatiewe inhoudskeppers in Angola, Burkina Faso, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Kenia, Namibië, Rwanda en Suid-Afrika het saam met hul onderskeie Goethe Institute gewerk om die verhale van 29 gesinne op te neem en onderwerpe van godsdiens en finansies tot die huwelik en reis te dek.
Die inhoud van hierdie projek word aanlyn op die Goethe Institut Namibia se webblad uitgestal, sowel as in die vorm van 'n sakuitstalling of “zine” ('n beperkte, self-gepubliseerde pamflet). Met die land wat tans gebuk gaan onder die derde golf van die Covid-19-pandemie en die onvermoë om tans 'n tradisionele uitstalling aan te bied, funksioneer hierdie pamflet as 'n “wegneem-uitstalling” wat saam met die aanlyn inhoud verken kan word.
“Foto's en films wat Afrikane uitbeeld, is onvermydelik gekoppel aan koloniale geskiedenisse, toe dit die eerste keer gebruik is om neerbuigende en problematiese idees te skep om 'n etnosentriese en westerse blik te bevredig. Dié narratief is die afgelope paar dekades uitgedaag deur kreatiewe praktisyns wat op die vasteland woon, wat hierdie mediums geneem het en dit herskep het. Die fragmente van hierdie projek, wat hier saamgevoeg word, is almal deel van hierdie ‘ontwikkelende liggaam’ van respekvolle voorstelling en selfrefleksie,” het Helen Harris en Gina Figueira, kurators van die StArt Art-galery, oor dié projek gesê.
Die uitstalling is op 28 Julie via Zoom geopen, en het bestaan uit 'n virtuele toer van die sakuitstalling, gevolg deur 'n toer van die webinhoud en 'n bespreking met sommige van die betrokke inhoudskeppers.
Die “zine” is beskikbaar by die Goethe Institut in Windhoek, of kontak Lendl Izaaks by 081 127 3286 om ’n kopie op Swakopmund te kry. Kyk hier na die aanlyn inhoud: https://www.goethe.de/ins/na/en/kul/sup/fas.html

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie