Gesinstragedie ruk Rehoboth
Francoise Steynberg – Die Rehoboth-gemeenskap en Namibië is gister deur nóg ’n tragiese voorval van geslagsgeweld geruk.
Mnr. Collin Cooper (47) het gisteroggend in die vroeë oggendure klaarblyklik eers sy 38-jarige vrou, Jolandi, in die kop geskiet en daarna homself doodgeskiet terwyl hul dogters (11 en 16) in hul huis in die Blok F-woonbuurt geslaap het.
Volgens adj.komm. Eric Clay van die Namibiese polisie in die Hardapstreek het die voorval omstreeks 02:08 glo ná ’n rusie tussen die egpaar plaasgevind. Volgens hom is dit nog onduidelik waaroor die egpaar geargumenteer het.
“Die man het op die toneel gesterf nadat hy homself ook in die kop geskiet het. Sy vrou is na die Lady Pohamba Private Hospitaal gehaas waar sy in ’n kritieke toestand verkeer,” het Clay gesê.
“Hul dogters het na bewering in dieselfde kamer geslaap waar die skietvoorval plaasgevind het,” het Clay gesê.
Volgens ’n vriend van die egpaar is hy gisteroggend “in die voordagure” met die skoknuus gebel.
“Die bure het die skote gehoor en die polisie gebel. Landi het skuins op die bed gelê.
“Die dogters het geslaap toe die tragedie plaasgevind het. Die polisie het hulle na Collin se ma geneem,” sê die vriend.
Volgens hom is Jolandi se ouers oorlede en Collin se ouers woon op Rehoboth.
“Dis ’n verskriklike saak. Ek kan dit nou nog nie glo nie.
“Dis so seer vir my en ek het ’n bewe op my. Ek en Collin het saam gewerk en sy vrou het voor my grootgeraak,” het die vriend gesê.
“Collin het my nog laas naweek in die straat voorgekeer en ons het lank gesels. Dit het nie geklink of hy probleme gehad het nie en hy het niks van só ’n aard gepraat nie.”
Die vriend het baie vrae: “Waarom het Collin vir Landi geskiet? Waarom het hy nie net homself in ’n boom gaan ophang nie? Ek voel sommer opstandig!”
Volgens die vriend het Collin vir homself gewerk en Landi het weeksdae na Windhoek vir haar werk gependel. Collin het volgens vriende ook in ’n orkes gespeel.
Die gemeenskap wag in spanning vir nuus van die hospitaal oor Jolandi se toestand, maar Clay het teen gistermiddag laat weet haar toestand is steeds kritiek.
“Ons het nog geen verdere nuus van die hospitaal gekry nie, behalwe dat ons gisteroggend gehoor het Landi moet geopereer word,” het die vriend gesê.
Boodskappe van medelye het gister op Facebook ingestroom en Jolandi sterkte toegewens.
Volgens Clay is die gesin se naasbestaandes van die voorval ingelig en die polisieondersoek duur voort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie