Geskarrel om hulp, toerusting te kry ná tsoenami
Die meeste van die bevestigde sterftes is in Palu aangemeld, ’n stad met ongeveer 380 000 mense.
Die owerhede in Indonesië het Maandag geskarrel om hulpmiddels en reddingstoerusting na die Sulawesi-eiland te stuur waar ’n dodelike aardbewing en toe ’n tsoenami Vrydag reeds minstens 844 menselewens geëis het.
Die aardbewing van 7.5 het Vrydag 10 km ondergronds net by Sulawesi plaasgevind, en die daaropvolgende tsoenami het seedeinings van tot 6 m meegebring.
Dosyne mense is na berig word nog vasgevang in die puin van verskeie hotelle en ’n winkelsentrum in die klein stad Palu, 1 500 km noordoos van die hoofstad, Djakarta, terwyl talle ander dakloos gelaat is.
Lyke het die naweek in die stad se strate opgehoop en beseerdes moes in tente behandel word omdat die stad se hospitale ook beskadig is.
Nuus uit afgeleë gebiede sluit in dat 34 kinders wat ’n Christelike studiekamp bygewoon het, dood is. Daar word ook gevrees dat nog honderde mense begrawe is weens grondstortings wat sommige dorpe getref het.
Pres. Joko Widodo van Indonesië het aan verslaggewers gesê dat dié mense ’n prioriteit vir die regering is.
VOESELVOORRAAD
“Die opruiming is nog nie afgehandel nie. Daar is baie plekke waar die opruimingswerk nog nie kon begin nie weens die gebrek aan swaar toerusting, maar dié toerusting het gisteraand begin aankom.
“Ons sal vandag soveel moontlik voedselvoorraad met vliegtuie vanaf Djakarta stuur,” sê Widodo.
Widodo het ook getwiet oor die verwoesting wat die ramp gesaai het.
Die nasionale ramp-agentskap sê ’n vrou is oornag in die Balaroa-woonbuurt van Palu gered. Dit is in ’n gebied waar huise verswelg is toe die aardbewing sinkgate veroorsaak het. Die ramp-agentskap sê nog swaar toerusting en reddingspanne word benodig om die lyke onder die puin uit te haal.
Die meeste van die bevestigde sterftes is in Palu aangemeld, ’n stad met ongeveer 380 000 mense. Die owerhede het ’n massagraf daar voorberei om die dooies te begrawe sodra hulle geïdentifiseer is.
Nagenoeg drie dae ná die aardbewing was die algehele omvang van die ramp steeds nie bekend nie.
Donggala, ’n gebied met 300 000 mense noord van Palu en naby die episentrum van die aardbewing, asook twee ander streke wat afgesny is van die buitewêreld, is van besondere belang vir die owerhede. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie