Geskenkte mieliemeel nie geskik vir verbruik

Suid-Afrika nie ingelig
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Die kantoor van die eerste minis­ter het Donderdag erken dat sakke “spesiale” mieliemeel wat aan die begin van die jaar deur die Suid-Afrikaanse regering vir droogtehulp geskenk is, steeds in ’n pakhuis van die direktoraat van nood- en rampbestuur in Windhoek gehou word.
Namibia Media Holdings het ’n wenk ontvang dat ongeveer 450 sakke mieliemeel in dié pakhuis in Nickelstraat in die Prosperita-nywerheidsgebied gehou word, een dag nadat die eerste minister se kantoor ’n verklaring uitgereik het waarin dit ontken dit versprei droogtehulp met swak voedingswaarde en wat ongeskik vir mens­like gebruik is.
Die wenk is ook ontvang dae voordat Namibië die gasheer vir die Afrika-droogtehulpkonferensie in Windhoek was wat tussen 15 en 19 Augustus plaasgevind het.
Die sakke mieliemeel is gemerk as ’n “geskenk van Suid-Afrika” en, volgens die etiket op die sakke, is die mieliemeel in Desember verlede jaar deur Pride Milling (Edms.) Bpk in Nigel geproduseer. Die vervaldatum is as Junie 2016 aangedui.
Ná die eerste vrae oor die sakke mieliemeel in middel Augustus, het die woordvoerder van die kantoor van die eerste minister, me. Saima Shaanika, ontken daar het enigiets in die pakhuis oorgebly en dat die pakhuis leeg was.
Nadat sy verdere navrae by die direktoraat van nood- en ramp­bestuur gedoen het, het sy Donderdag gesê dat die sakke wat tans in die pakhuis oor is “reeds in Januarie as nie geskik vir verbruik nie verklaar is”.
“Dit [die sakke] is tydens die logistieke bestuursproses besmet. Dit word net daar gehou todat dit in ooreenstemming met die tesourie se opdrag rakende die verkoop van items in regeringsbesit van die hand gesit word,” het Shaanika gesê.
Sy het nie gesê hoe die mieliemeel besmet geraak het nie en wie, die Suid-Afrikaanse of die Namibiese regering, die sakke hanteer het nie.
Die adunkhoof van die Suid-Afrikaanse­ hoëkommissariaat, mnr. Eli Bitzer, kon Vrydag nie op vrae antwoord nie aangesien hy op reis was.
Hy het wel gesê die hoëkommis­sariaat is nie oor die besmette sakke ingelig nie.
Shaanika het gesê die Suid-Afrikaanse regering het tussen Desember en Januarie dié droogtehulp­skenking aan die Namibiese regering gemaak.
Sy het gesê benewens die mieliemeel is die waarde van al die geskenkte items - insluitend die rehabilitasie van boorgate en akkerbome - ’n geskatte N$100 miljoen.
Bitzer het gesê die rehabilitasie van die boorgate alleen word geskat op N$50 miljoen; die res van die skenking beloop N$50 miljoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!