Geslagsgelykheid is almal se stryd
Maria Eiseb - Me. Kiki Gbeho, inwonende koördineerder van die Verenigde Nasies (VN) in Namibië, het tydens die opening van ’n byeenkoms in die hoofstad gesê die Namibiese samelewing moet transformeer wat geslagsgelykgeid en bemagtiging betref.
Dit moet op so ’n wyse gebeur dat dit strook met die VN se vyfde doelwit vir volhoubare ontwikkeling (SDG5).
Volgens Gbeho bemagtig die SDG5 vroue en meisies, wat sowat die helfte van die wêreldbevolking behels.
"Oral in die media sien en lees ons van geslagsgeweld of hoor ons hoe babas doodgemaak word en dis ons verantwoordelikheid om dit ernstig op te neem," het sy gesê.
Gbeho het voorts die belangrikheid van bemagtiging beklemtoon en gesê kinders wat met ’n ma grootword, ontvang meestal formele opleiding.
“Sulke babas word ook meestal ingeënt en aan skole ingeskryf,” het sy gesê.
’n Lid van die SDG5-paneel, mnr. James Ithana (ManEngage Africa), het by die byeenkoms gesê mans moenie die bemagtiging van vroue as ’n bedreiging beskou nie, maar bemagtiging kan nie in die afwesigheid van mans aangespreek word nie.
Volgens hom moet mans, en veral seuns, betrek word sodat hulle kan leer wat van hulle verwag word en hoe hulle tot ’n gesonde samelewing kan bydra.
Me. Umbi-Karauihe Upi, die NBC se hoof- kommersiële beampte, het gesê vroue in leierskapposisies moet leiding neem om ander vroue te bemagtig en hul stemme laat hoor.
“Ek weet ons is in die meerderheid, maar ons is ’n stille meerderheid en die tempo waarteen die stilte oor die seer van die verlede gebreek word, is te stadig,” het sy gesê.
Volgens Karuaihe-Upi moet vroue in organisasies en maatskappye harder probeer om die voortou te neem.
“Niemand gaan namens ons veg nie. Ons kan nie terugstaan en stilbly nie - ons moet betrokke raak en die uitdagings oorwin.”
Mnr. Juno Angula, ’n derdejaarstudent aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), het gesê tradisionele leiers moet hul gewoontereg en tradisionele norme hersien, aangesien dit nie meer van toepassing is nie.
“Miskien moet die regering ook betrokke raak en meisies teen gewoontereg beskerm,” het Angula gesê.
Me. Beata Armas, voorsitter van die Namibië Nasionale Vereniging vir Dowes (NNAD), het gesê vroue met gestremdhede word nie maklik in poste by maatskappye aangestel nie, hoewel hulle take net so goed soos ander mense kan verrig.
Volgens die direkteur van die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, mnr. Victor Shipoh, behels dié kwessie kommunikasieprobleme tussen werkgewers en werknemers, en moet dit aangespreek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie