Geslagsgeweld bron van kommer op Rehoboth
Geslagsgeweld bron van kommer op Rehoboth

Geslagsgeweld bron van kommer op Rehoboth

Henriette Lamprecht
Geslagsgebaseerde geweld (GBV) is ‘n groot bron van kommer vir inwoners van Rehoboth, met afhanklikheid wat volgens die Namibiese polisie die grootste bydraende faktor in die toename in gevalle op die dorp is. Tydens die feesseisoen is 39 gevalle verlede jaar op Rehoboth aangemeld, teenoor 29 en 11 gevalle onderskeidelik in 2016 en 2017 vir dieselfde tydperk.
Volgens die waarnemende bevelvoerder van Nampol se eenheid vir die beskerming teen geslagsgeweld op die dorp, Stephanus Beukes, is daar egter net soveel wat die eenheid kan doen.
“Die grootste probleem is die geraakte partye is baie afhanklik van die verdagtes wat daartoe lei dat sake teruggetrek word,” het hy verduidelik.
“Is die verdagte in aanhouding, is daar niemand om die familie te versorg nie omdat die slagoffers in baie gevalle nie in staat is om aan hul gesinne te voorsien nie.”
Beukes het voorts gesê mans wat mishandel word, maak ‘n saak oop net om dit later weens stigma terug te trek.
“Hulle wil ook nie hul kind se ma tronk toe stuur nie en ly gewoonlik in stilte.” - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!