Geslagsgeweld ’n ‘pandemie’
Die #ShutItAllDown-protes het ’n leimotief vir Namibiërs geword.
Henriette Lamprecht
Namibië bly ’n patriargale gemeenskap, met toksiese manlikheid wat geanker is in neerbuigende en paternalistiese waardesisteme van manlike oppergesag wat deur die nagevolge van kolonisasie vererger word.
Dit wil voorkom asof toksiese manlikheid die maatskaplike wese uitmekaar geskeur het wat vroue wat protesteer in staat sou stel om sonder vrees te leef. Só skryf prof. Henning Melber, buitengewone professor verbonde aan die Universiteit van Pretoria se departement vir politieke wetenskap in The Conversation oor die #ShutItAllDown-beweging teen geslagsgeweld in die land.
Volgens Melber is die “dramatiese vlak” van vrouemoord en geslagsgeweld in Namibië getuienis van wat die Franse sosioloog Émile Durkheim “maatskaplike anomie” noem. Anomie word gekenmerk deur ’n verval in morele en etiese waardes.
“’n Ontbinde sosiale kontrak (as dit ooit bestaan) lei tot aggressie en geweld, wat dikwels selfvernietiging insluit,” sê Melber.
Hy verwys na sogenaamde passiemoorde wat toeneem en wat grootliks toegeskryf kan word aan lae selfbeeld onder mans, materiële afhanklikheid, swak meganismes om sake te hanteer en die onvermoë om verwerping te hanteer.
In ’n samelewing waar werkloosheid en armoede toeneem en vererger is deur die Covid-19-pandemie, word mense se strategieë ook al hoe minder om die uitdagings wat die lewe vir hul opdis, suksesvol te kan hanteer.
Die langtermyn nalatenskap van apartheid dra ook by, met kontrakarbeid wat huishoudings geskei en tot verskeie intieme verhoudings gelei het.
“Apartheid, geïnstitusionaliseer in die vroeë 1900’s onder die Duitse koloniale regering, het die maatskaplike struktuur met blywende gevolge vernietig. Geslagsverhoudinge binne die anti-koloniale stryd was ook deurspek met ongelykheid,” sê Melber.
Namibië speel wel ’n leidende rol met betrekking tot ’n geslagsgebalanseerde verteenwoordiging in die parlement, met byna die helfte van die lede van die Nasionale Vergadering wat vroue is. Dit het egter volgens hom nie tot ’n progressiewe skuif in geslagspolitiek gelei nie.
Melber verwys na die regshulpsentrum (LAC) se bevinding in 2017 dat vroue in 43,9% van huishoudings in 2013 aan die hoof van die huis gestaan het. Reproduktiewe regte bly beperk en gebaseer op ’n 45 jaar oue wet is die beëindiging van swangerskappe op enkele uitsonderings na onwettig. Ten spyte van ’n sterk wet wat onderhoud vir kinders afdwing, misluk pa’s dikwels om ’n bydrae tot die grootmaak van hul kinders te lewer.
Tog is daar wel ’n groeiende aantal mans wat betroubare vennote, sorgsame eggenote en pa’s is en ook tydens die #ShutItAllDown-protes hul stemme laat hoor het.
Verkragting bly nietemin aan die orde van die dag, met bloedskande en seksuele mishandeling waaroor daagliks berig word.
Melber verwys ook na tienerswangerskappe, waarvan 3 500 gevalle in 2017 en 2018 in skole in die Noorde aangeteken is. Meer as 2 000 leerlinge het skool verlaat. Volgens Unesco het vroeë en ongewenste swangerskappe byna een uit elke vyf tienermeisies in die land raak, met 40% van dié swangerskappe wat die gevolg van gedwonge seks is.
Tog het owerhede in Oktober bekendgemaak die omvattende program vir seksuele onderrig in skole gaan in opdrag van die minister van buitelandse sake en adjunk- eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah gestop gaan word. Volgens Nandi-Ndaitwah is die program omstrede weens ’n beweerde verband met die “universele bevordering van aborsie, die strewe om homoseksualiteit te wettig en die seksualisering van kinders”.
Dié opvattings deur vroue in invloedryke posisies is egter geen uitsondering nie, sê Melber.
Hy verwys na geslagsgeweld in Namibië wat die vorm van ’n “skadu-pandemie” in die land aangeneem het.
Hoewel ’n sterk regsraamwerk bestaan om geslagsgeweld en seksuele diskriminasie te bekamp, is die werklikheid ver hiervan verwyder. Hy haal vroulike navorsers uit ’n 2018-verslag deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) aan wat sê die huidige landskap moet aktief uitgedaag word, insluitend deur dié wat voordeel daaruit trek.
Die #ShutItAllDown-protes het ’n leimotief vir Namibiërs geword, sê Melber.
“Solidariteit, vryheid, geregtigheid was ’n slagspreuk tydens die anti-koloniale stryd. Dit bly ’n beginsel in die stryd teen die koloniserende praktyke van toksiese manlikheid van vandag. En soos ’n ander ou slagspreuk ons herinner, gaan die stryd voort.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie