Geslagsgeweld op Rehoboth
'n Man het Vrydag glo 'n sewejarige meisie in die Oshoopala-nedersetting op Oshakati verkrag.
Tanja Bause
'n Man (37) het sy eksmeisie glo Maandagoggend vroeg op Rehoboth doodgeslaan en haar ma aangerand.
Die voorval het na wat verneem word tussen 01:00 en 01:30 in Blok E plaasgevind.
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag was me. Wilfrieda Saron (40), haar ma en dogter, glo op pad huis toe ná 'n kerkdiens toe hulle agterkom hulle word agtervolg.
Die ouma het glo vir haar kleinkind gesê om weg te hardloop en haar oom te gaan roep om te kom help.
Die verdagte het die vroue egter ingehaal en beide met 'n graaf oor die kop geslaan. Saron het op die toneel gesterf en haar ma is in die hospitaal op die dorp opgeneem.
Volgens polisie-inligting het Saron glo 'n week gelede haar verhouding met die verdagte beëindig.
Hy is in hegtenis geneem.
Saterdag om 20:00 het 'n man na bewering sy eksvrou se huis in Blok B op Rehoboth aan die brand gesteek.
Dít glo ná 'n stryery met sy eksvrou oor 'n selfoon. Die brandskade beloop na raming N$500 000.
Die verdagte is in hegtenis geneem.
Beweerde verkragting
'n Man het Vrydag glo 'n sewejarige meisie in die Oshoopala-nedersetting op Oshakati verkrag.
Niemand is al in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.
'n Man (23) het na bewering Vrydag om 23:00 'n 18-jarige meisie in die Kanaän-nedersetting op Epako verkrag.
Die verdagte, wat glo vroeër die aand saam met die meisie gedrink het, het na wat verneem word by 'n sinkhuis waar die meisie was ingebreek en haar aangerand.
Sy het toe glo na haar ouers se huis gevlug, maar is ingehaal en verkrag. Die man is in hegtenis geneem.
'n Vrou (22) in die Nau-Aib- informele nedersetting op Okahandja is Vrydagaand glo deur 'n 23-jarige man verkrag. Die man is in hegtenis geneem.
Diefstal
Daar is tussen Saterdag en Sondag by die Lewis-winkel op Karibib ingebreek. Die verdagtes het die winkel se glasdeur glo met 'n baksteen gebreek om toegang tot die winkel te kry.
'n Geldtrommel met N$19 200,46 in is gesteel.
Twee van die verdagtes is op Walvisbaai in hegtenis geneem en die hoofverdagte, 'n werknemer by die Lewis-winkel op Usakos, is nog op vrye voet. Die polisieondersoek duur voort.
Saterdag het inbrekers by die winkel oorkant BH Motor Spare Parts in Windhoek vermoedelik toegang tot die winkel probeer kry deur 'n gat in die dak te sny.
Veiligheidswagte van die Warehouse-teater het een verdagte (28), 'n inwoner van Otjomuise, op die dak vasgetrek.
Twee ander verdagtes het op die vlug geslaan.
Volgens die eienaar van die winkel is niks gesteel nie. Op 30 Mei is by dieselfde winkel ingebreek en 50 sportbaadjies gesteel.
Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Onnatuurlike dood
Saterdag om 09:00 is die liggaam van 'n man, wat glo in die Goreangabdam verdrink het, deur 'n verbyganger gevind. Die liggaam is deur polisieduikers uit die dam gehaal en deur gemeenskapslede as mnr. Thomas Elago geïdentifiseer. Elago was 'n pensioenaris van die Greenwell Matongo- informele nedersetting.
Hy is Vrydag vir die laaste keer lewend gesien.
Me. Hermina Coetzee (23) van die Gomxab Nau- informele nedersetting op Gochas is Vrydag om 18:00 op pad na die staatshospitaal op Mariental oorlede.
Sy het glo begin opgooi ná sy vleis geëet en melk gedrink het wat haar ouma vir haar gekoop het.
Sy is na die kliniek geneem en onmiddellik na die staatshospitaal verwys omdat haar toestand versleg het. Sy het op pad hospitaal toe gesterf.
Die oorsaak van haar dood is nog nie bepaal nie, en ander lede van haar familie het glo ook van die vleis geëet en melk gedrink sonder om siek te word.
Die polisieondersoek duur voort.
'n Meisie (14) het haarself oënskynlik in die Etoshapoort-nedersetting op Outjo met 'n laken gehang.
Sy is Saterdag om 22:30 in haar slaapkamer gevind.
Geen brief is gevind nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie