Geslagsgeweld vier hoogty die naweek
Twee vroue is die afgelope naweek vermoor, twee was slagoffers van poging tot moord en een is glo gewelddadig aangerand.
'n 28-jarige vrou is Saterdag verskeie kere met 'n panga gekap en is weens die aard van haar wonde dood.
Die voorval het volgens 'n polisieverslag omstreeks 02:00 in die Oohambo DaNehale- informele nedersetting in Wanaheda plaasgevind. Haar 37-jarige kêrel is in hegtenis geneem.
Saterdag omstreeks 19:00 in Okahandja Park in Katutura het 'n 30-jarige vrou se man haar na bewering met 'n hamer agter haar kop geslaan. Sy is op die toneel dood. Die verdagte het gevlug, maar is wel later in hegtenis geneem.
POGING TOT MOORD
'n 30-jarige vrou het 'n aanval oorleef nadat haar ekskêrel haar na bewering verskeie kere met 'n mes in haar kop gesteek en haar in die bosse ingesleep het.
Die voorval het Vrydag omstreeks 12:00 by die Kap-en-bou-nedersetting in Etoshapoort op Outjo plaasgevind. Die verdagte is in hegtenis geneem.
'n Jong verpleegkunde student se kêrel het haar glo Saterdag omstreeks 13:50 in haar huis op Kombat met 'n wynbottel aangerand. Sy is na die Grootfontein-staathospitaal vir behandeling en die verdagte is in hegtenis geneem.
AANRANDING
'n Man het verlede Woensdag in Ohangwena glo 'n 18-jarige meisie aangerand. Volgens die verslag het hy haar met 'n baksteen oor die kop geslaan en 'n reuse- oop wond veroorsaak.
Volgens die verslag het die verdagte tydens die aanranding vulgêre taal teenoor die meisie gebruik. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie