Geslagstryd nog nie gewen
Dani Booysen - Alle Namibiërs kan trots voel dat die Afrika-toekenning vir die bevordering van geslagsgelykheid die week aan ons land oorhandig is.
Van groter belang is dat pres. Hage Geingob uit die staanspoor met die ontvangs van die toekenning deur Afrika se vastelandwye Gender is my Agenda Campaign (Gimac) benadruk het dat ontsettend baie steeds op die gebied vermag moet word. Die staatshoof het vordering met die bemagtiging van vroue as “beskeie” beskerm.
Hy het opnuut die hoë voorkoms van geslagsgebaseerde geweld as 'n groeiende krisis bestempel wat net met almal se hulp opgelos kan word.
Gevoelens van minderwaardigheid by sommige mans verg volgens Geingob 'n daadwerklike kopskuif. Een wat met die opvoeding van seuns moet begin.
Gimac se toekenning berus op die aantal vroue in die kabinet en parlement, asook Namibië se moderne wetgewing en beleid oor geslagsgelykheid. Soos op alle gebiede, is goeie wette en beleid egter kragteloos sonder doeltreffende toepassing wat daadwerklike verandering teweeg bring.
Wat geslagsgelykheid betref, beteken dit onder meer dat 'n vereiste vir 50/50-verteenwoordiging nie bloot vensterversiering mag wees nie.
Geslagsbalans is 'n erkende werktuig vir vooruitgang. Diskriminasie, wat soms verskuil en baie diep gesetel is, ondermyn die vermoë om uit vroue se eiesoortige perspektief, krag en vaardighede te baat.
Sulke kettings moet in almal se belang verbreek word.
So sê ander
6 Junie 2018
Beeld en Die Burger sê
Die 25 matriekseuns van Pretoria wat in 2015 'n uiters kru verbale WhatsApp-groepsaanval op die destydse skoolmeisie Juané Slabbert gedoen het moet die volle gevolge daarvan dra.
Vanjaar is sy, ironies genoeg, 'n regstudent en het met optrede teen hulle in die gelykheidshof begin. Sy eis R100 000, asook onvoorwaardelike verskonings. Dit laat die vraag ontstaan in watter mate 'n skool verantwoordelik is vir leerlinge se gedrag. Vanselfsprekend moet basiese riglyne oor dissipline en onwettige gedrag gehandhaaf word. Dit het tyd geword dat die gemeenskap – veral jong mense en hul ouers – besef dat sosiale media nie 'n speelplek met amnestie is nie. Dringende en ernstige sorg moet reeds tuis gedra word om die kwessie op te los. Eers dan kan ander instellings, soos skole, ondersteunende rigting gee.• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie